Grootvoet-matriarg groet
Tanja Bause - Bellatrix, die matriarg van die G6-trop woestynaangepaste olifante wat in die Ugabrivier bly, is in die Kerstyd aan natuurlike oorsake dood.
Bellatrix en haar dogter, Tatiana (7), het maande voor haar dood op hul eie, weg van die trop af, beweeg. Gemeenskappe wat in die Ugab-omgewing woon, het die olifante in Desember laas gesien.
“Bellatrix het baie gelê en Tatiana was tot haar dood heeltyd by haar," het me. Rachel Harris, van Elephant Human Relations Aid (EHRA), gesê.
terug trop toe
Bewaarders van EHRA het Bellatrix se karkas kort na Kersfees gevind.
“Met ons eerste patrollie vanjaar het ons gesien Tatiana het weer by die G6-trop aangesluit. Dit moes vir haar erg wees het om op haar eie die trop te vind. Gelukkig kan olifante oor 'n lang afstand met mekaar kommunikeer en sou dit nie te lank gevat het voor hulle mekaar weer gevind het nie,” het Harris gesê.
Die G6-trop het oorspronklik uit die Guantagab- na die Ugabrivier getrek. Die oorspronklike trop het uit 13 olifante bestaan. Kort na hul aankoms in die Ugabrivier het die trop in twee verdeel. Die een trop het na die Ooste getrek en hulle is nou vermoedelik in die Okongue-gebied.
Die G6-trop het in die Ugabrivier met Bellatrix as hul matriarg agtergebly.
Medusa, die matriarg van die Mama Afrika-trop wat ook in die Ugabrivier bly, is in Augustus ook aan natuurlike oorsake dood.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie