Grootste wegholbrande nu00f3g teister vir Kaliforniu00eb
Grootste wegholbrande nu00f3g teister vir Kaliforniu00eb

Grootste wegholbrande nóg teister vir Kalifornië

Katastrofiese wegholbrande woed steeds in Kalifornië nadat die grootte van een van die brande die afgelope drie dae byna verdubbel het. Dit maak die brande die grootste nóg in die staat. 'n Gebied van byna 1 150 km² het reeds ­afgebrand. Dit is net groter as verlede jaar se brande wat 1 140 km² vernietig het en is byna 3,5 keer groter as ­Johannesburg se munisipale gebied. Niemand is beseer in die Mendocino-brande nie, berig CNN. Maandagaand was 'n derde van die brand onder bedwang gebring. Die brand het sowat 140 strukture en wonings vernietig, berig USA Today. Brandweerbeamptes van oor die staat probeer nog om 16 groot brande in warm, droë en winderige toestande in bedwang te bring, berig CNN. Foto Netwerk24/AP

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer