Grootste teleskoop ter wêreld
Die “Aperture Spherical” radioteleskoop (FAST-teleskoop) wat Sondag in die provinsie Guizhou in China in werking gestel is, sal wetenskaplikes toelaat om die heelal beter as tot nog toe te bestudeer. Dié radioteleskoop, wat 500 m in deursnee is, bestaan uit 4 000 staalpanele en het omtrent N$2 miljard gekos. Die projek het bykans twee dekades geneem om te voltooi en sal van China ’n wêreldleier in ruimtewetenskap maak. Foto Nampa/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie