Grootste mielie-oes ooit
Grootste mielie-oes ooit

Grootste mielie-oes ooit

Drie maande sedert die begin van die mielie-oesseisoen blyk dit dat 2021 een vir die rekord­boeke gaan wees in beide kommunale asook kommersiële gebiede.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Namibië sal na verwagting vanjaar die grootste mielie-oes in sy geskiedenis hê, met altesaam 94 235 ton mielies wat in beide kommersiële en kommunale gebiede geoes sal word.

Die Namibiese Akkerbouraad (NAB) se akkerboubestuurder en markontwikkelaar, me. Loyde Uahengo, het gister aan Republikein bevestig dat hul oesverwagting uit die kommersiële sektor sedert Junie van 74 700 ton mielies na 82 735 ton verhoog het.

“Dit is 'n nuwe rekord vir kommersiële produksie en meestal te danke aan verbeterde produksie uit sentrale dele van die land,” het sy gesê.

Sy sê die opgedateerde oesskatting is moontlik omdat Namibië nou reeds in die derde maand van sy oesseisoen verkeer.

Volgens 'n verslag deur die ministerie van landbou, water en bosbou oor die land se gewas- en voedselsekuriteitsvooruitsigte wat Donderdag aan die media uitgereik is, was die vorige kommersiële rekord in die 2016–'17-seisoen, toe 76 700 ton afgehaal is.

Verlede jaar is 51 600 ton mielies geoes, terwyl die langtermyn­gemiddeld 38 500 ton is.

Volgens die verslag is 54% van die mielies in die kommersiële gebied onder besproeiing geproduseer, terwyl die res droëlandproduksie is.

Mnr. Gernot Eggert, voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging (APV), stem saam goeie oeste word vanjaar van die kommersiële mielieprodusente in die ooste van die land verwag. Hy het gesê hulle is nog besig met opnames van die werklike oeste.

“By Summerdown, Gobabis, Hochveld het hulle fantastiese oeste ­afgehaal. In die Noorde het enkele produsente baie goed geoes, maar talle het gesukkel met ­versuiptoestande. Ons het baie reën gehad en nie almal het betyds geplant nie,” het hy gesê. Daar is egter oor groter gebiede geplant, het Eggert bygevoeg.

Eggert sê produsente is ook gereed vir die volgende mielieplantseisoen, met veral die feit dat die grond nog vog bevat van die vorige seisoen, wat hulle in 'n baie goeie posisie plaas.

“My gevoel is dat baie mielies geplant kan word. Kunsmis het egter 'n faktor geraak – dit het baie duur geword. Dit sal ons koste verhoog,” het hy gesê.



KOMMUNALE REKORD

Kommunale gebiede sal na verwagting vanjaar ook die meeste mielies ooit oes teen 11 500 ton.

Dit is 55% méér as wat ­kommunale gebiede verlede jaar geoes het en ook 77% bó hul langtermyngemiddeld van 6 500 ton.

Volgens die verslag is die verbetering veral toe te skryf aan die Zambezi­streek wat vanjaar 123% méér mielies as hul langtermyngemiddeld sal oes.

Ongelukkig sal die Kavango-Oos- en -Wesstreek na verwagting 30% minder as verlede seisoen en ook 88% minder as hul gemiddeld oes. Die redes wat hiervoor gegee word, is té veel reën, die uitbreking van ­sprinkane en skade deur muise toe die mieliepitte moes ontkiem.



ANDER GEWASSE

Verwagtinge vir Namibië se totale graanoes is vanjaar egter 5% minder as verlede jaar, alhoewel dit steeds 26% beter as die langtermyn­gemiddeld is.

Die oesverwagting vir mahangu is 'n geraamde 55 200 ton – sowat 39% minder as verlede seisoen se 90 800 ton en ook 3% minder as die langtermyngemiddeld van 57 000 ton. Die kleiner oes word toegeskryf aan swak reën in die sentrale dele in die noorde van die land, asook die feit dat die ­reënseisoen hier laat begin het en lang droë tydperke tussen ­reënneerslae.

Die oesverwagting vir sorghum op 8 200 ton is ook 16% méér as verlede seisoen en 21% bó die langtermyn­gemiddeld. Koring is 'n wintergewas en dus sal oesverwagtinge hiervoor later bekend gemaak word.

Die ministerie se Eenheid vir Agro Sake-inligtingsdienste het die tweede naoes-opname vir huishoudelike sekuriteit tussen 10 Mei en 7 Junie vanjaar afgehandel.

Die Zambezistreek het verlede jaar ook vir 8% van die mielie-oes gesorg, terwyl die Suide gewoonlik ook mielies produseer, maar verlede jaar die pas makeer het.

Namibië verbruik egter jaarliks sowat 154 308 ton mielies en moes in 2020 steeds N$483 miljoen se mielies invoer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.67 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 428.31/OZ UP +0.08% | Copper US$ 5.11/lb UP +0.61% | Zinc US$ 3 180.80/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 053.51/OZ UP +0.35% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.67 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 428.31/OZ UP +0.08% | Copper US$ 5.11/lb UP +0.61% | Zinc US$ 3 180.80/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 053.51/OZ UP +0.35%