Grootste Efundja nog op pad?
Die vloedtoestande in die noorde van die land is besig om “onrusbarende vlakke” te bereik en na verwagting sal groot waters vanaf Ondjiva die grens tussen Namibië en Angola binne 24 uur bereik. Volgens ’n waarskuwing wat gister deur die hidrologiese dienste uitgereik is, kan die vloed in die Cuvelai-lishanas met dié van 2011 vergelyk word – die ergste van sy soort in menseheugenis. Volgens voorspellings mag vanjaar se vloed selfs sterker wees, sou reënneerslae voortduur. Foto Namibian Sun.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie