Grootfontein wys weer noorde-staal
Klubrugby
Tielman van Lill
In die Namibië Rugbyunie se eindstryde vir sy eerste- en reserweligas wat Saterdag afgehandel is, het Grootfontein Rugbyklub daarin geslaag om die Etosha Lions van Tsumeb met 24-14 te klop, terwyl FNB Wanderers II die tweede span van FNB Unam met 32-17 verras het.
Met ’n feestafel wat by die Hage Geingob-stadion in Windhoek met watertand rugby vir die dag gedek was, het die twee spanne uit die noorde die kans behoorlik aangegryp om te wys hoekom juis hulle in die finaal moes opdraf.
Die laaste twee jaar (2015, 2016) was die eersteliga se krag in die suide van die land gesetel. Mariental Rugbyklub het in 2015 dié titel op die einste Hage Geingob-stadion gebuit, voordat hy dit verlede jaar in die finaal aan Ocean Swallows van Lüderitz afgestaan het.
Vanjaar het Namibië se plattelandse rugbykrag oënskynlik in die noorde begin sigbaar raak, waar Northern Security Etosha Leeus en Ford Grootfontein hul plek in die eindstryd met goeie spel verseker het. Grootfontein, wat rustyd met 12-7 voorgeloop het, se voorspelers het behoorlik baljaar om vier drieë te behaal. Slot Giovanni Boshoff, flank Wikus Jacobs (2) en agtsteman Johan Luttig was die driedrukkers, terwyl skrumskakel Ronnie Deck met twee doelskoppe slaag.
Vir die twee spanne wat uit jong mannne van die boerderygemeenskap saamgestel is en verder deur dorpenaars aangevul word, is dit nie altyd maklik om die oefeninge by te woon nie. Maar dit het nie die spelers verhoed om vanjaar hul stempel op die eersteliga af te druk nie.
As gevolg van reisende klubs wat net soos in vorige seisoene soms onverwags uit hul ligaverpligtinge onttrek het, het Grootfontein net vyf van sy agt ligawedstryde gespeel. Die span het egter sy semifinaal teen die West Coast Sharks oortuigend gewen waar die gewese Wanderers-flank Wikus Jacobs (4 drieë), Meareire Kapaama en Melwin Botha vir hul span gedruk het. Peet van Zyl (2) en Ronnie Deck (3) het die vyfpunters verdoel.
Grootfontein wat in 2013 die einste liga ingepalm het, was Saterdag in die bevoorregte posisie om van dieselfde spelers as 2013 in sy span te hê.
Volgens mnr. Johann van Heerden, voorsitter van Grootfontein, het dié spelers se ondervinding die span gehelp om opnuut as kampioen bekroon te word. Ankers in vanjaar se aanslag wat deurgaans uitgestaan het, was Wikus Jacobs, Johan Luttig en Kapaama, terwyl Braam Alberts as ’n jong speler al hom meer laat geld.
RESERWELIGA
Met beide FNB Wanderers se eerste en tweedespan wat die 2017-finale teen FNB Unam gehaal het, was dit te wagte dat die Wit Hingste se naasbestes graag ’n indruk sou wou maak.
Die wedstryd het lekker hardlooprugby aan beide kante opgelewer, met Unam wat aanvanklik goed daarin geslaag het om Wanderers in toom te hou. Unam-beamptes het agterna erken dat die Wit Hingste se gereelde aanvalle met die agterlyn hulle ietwat onverhieds betrap het.
Wanderers se eerste twee drieë is deur senter Dion Venter en linkervleuel André Nel behaal, waarna losskakel PJ Singaram se doelskoppe sy span met 14-0 laat voorloop. Unam antwoord met ’n drie deur flank Simon Haitembu, maar losskakel Amon van Wyk mis die doelskop om die telling 14-5 te maak.
Wanderers se telling groei tot 19-5 ná nóg ’n drie deur Nel, maar Unam val goed aan om met ’n doel deur slot Venatius Kalilo beloon te word. Nadat Van Wyk met sy doelskop slaag (19-12), jaag Singaram ’n strafskop deur die pale om die rustydtelling op 22-12 te laat staan.
Unam slaan die eerste slag van die tweede helfte toe slot Walter Hendricks oorval (22-17), maar met Van Wyk se skopskoene wat by die huis gebly het, haak die rooi brigade se telling op 17 vas.
Singaram voeg drie punte met ’n strafskop by (25-17) en druk self ook die laaste vyfpunter en slaag ook met die doelskop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie