Grootfontein-skou pas gehou
Die Grootfontein-skou is vanjaar vir die 108ste keer sedert sy ontstaan in 1911 gehou. Volgens mnr. Johan van Heerden, die president van die skouraad wat die geleentheid van 18 tot 20 September aangebied het, was dit 'n groot sukses. Hy sê wat besoekers betref, was die bywoning goed as 'n mens die moeilike ekonomiese tye in ag neem. “Daar was baie nywerheid- en kleinhandelstalletjies, asook 83 stoetbeeste en 'n lorrie vol osse wat ná beoordeling geslag word. Kinders het ook die geleentheid gekry om die beeste te beoordeel. Hulle word geëvalueer en skryf dan ’n eksamen waarin hulle kan kwalifiseer vir die nasionale beoordeling by die Windhoek Skou.” Van Heerden het ook gespog met die gehalte van die vlotte wat as deel van die openingseremine laas week deur die dorp gery het. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie