Grootfontein sal beslag lê op verdwaalde vee
Mnr. Luke Salomo, woordvoerder van die Grootfontein munisipaliteit, sê die dorpsraad sal nie langer vee wat in die strate wandel en die dorpenaars steur, duld nie.
“Ons kry letterlik diere wat ons hier by die munisipaliteit kom besoek,” sê hy.
Daar is vroeër die week met veewagters en die betrokke boere vergader, sê Salomo. Eienaars van die rondloperdiere is gewaarsku om onmiddellik hul beeste, bokke, donkies en perde uit die dorpsgebied te verwyder.
Vanaf Maandag (25 November) sal beslag gelê word op verdwaalde diere in die dorp, en hulle sal in die munisipale skut by die slagpale gehou word tot ? boete per kop betaal is, sê Salomo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie