Grootfontein ontken wanbesteding
Grootfontein ontken wanbesteding

Grootfontein ontken wanbesteding

Die ouditeur-generaal se kantoor het ’n verdoemende finansiële verslag aan die parlement voorgelê.
Augetto Graig
Augetto Graig - Grootfontein se geldsake was onlangs onder die vergrootglas toe Namibië se ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, sy kantoor se verslag oor dié dorp se finansies aan die parlement voorgelê het.

Kandjeke se kantoor het die dienste van MMG Global Chartered Accountants and Auditors (MMG) van Windhoek ingespan om die munisipaliteit se boeke vir die boekjaar tot Junie 2016 na te gaan.

Sowat 18 gebreke is gelys wat gebrekkige finansiële inligting van die munisipaliteit behels het.

Onder meer is gebrekkige inligting glo oor Build Together-fondse verskaf, wat as tydelike lening sou dien om die dorpsraad se boeke te laat klop.

Build Together is ’n program van die sentrale regering wat die behuising vir minderbevoorregtes ondersteun en fondse aan die munisipaliteit beskikbaar maak.

Volgens die ouditverslag het Grootfontein se munisipaliteit N$15,4 miljoen van dié fondse as tydelike inkomste aangewend.

“Dit beteken die munisipaliteit het ’n gedeelte van die Build Together-fondse aangewend sonder die goedkeuring van ministeries,” lui die verslag.

Ander gebreke sluit in vermiste finansiële dokumente, oorwaardering van eiendom, toerusting en aanleg, die verkeerde toepassing van waardevermindering, te min voorsiening vir verlofuitbetalings, die versuim om vir skeidingspakkette voorsiening te maak, N$2,9 miljoen se skuld wat nie aangeteken is nie, die voorsiening van N$2 miljoen te min vir slegte skuld, ’n tekort aan huurooreenkomste, uitgawes van N$1,4 miljoen, wat nie aan die ouditeur verklaar is nie, en fondse, reserwes en interne lenings ter waarde van N$58,2 miljoen wat nie ondersteun is nie.

Met al dié tekortkominge ingereken, toon die dorp se balansstaat ’n verlies van N$21,171 miljoen vir die 2016-boekjaar – wat meer is as die vorige jaar toe die munisipaliteit ’n verlies van N$14,79 miljoen gely het.

Die munisipaliteit se woordvoerder, mnr. Luke Salomo, lê die blaam voor die ouditeure se deur.

“MMG moes hulself vertroud maak met die munisipaliteit se rekeningkundige stelsels,” het hy gesê.

“Die raad het opgemerk die ouditfirma tref nie ’n onderskeid tussen private instellings wat wins najaag en die plaaslike owerhede wat op ’n kostebesparingsgrondslag funksioneer nie,” het hy gesê.

Oor Build Together-fondse sê Salomo: “Daar was geen enkelfonds vir Build Together wat gebruik is om die raad se aktiwiteite te finansier nie.

“Al die fondse wat toegeken is, was vir boudoeleindes, wat tweedoelig was: om begunstigdes te ondersteun, en om infrastruktuur op te rig.

“Ministeriële goedkeuring word nie vereis vir die toekenning van fondse aan begunstigdes om huise te bou nie, en die toekenning en benutting van sulke fondse is uitsluitlik hiervoor. Dit is op die beginsel deur die sentrale regering toegeken,” sê hy.

Oor die aantyging dat die Grootfontein-munisipaliteit se boekhouers nie oor die nodige vaardighede beskik om hul taak te verrig nie, sê Salomo: “Die huidige span professionele mense, wat voor 2016 reeds daar was, is dieselfde mense in die finansiële en inligtingstegnologie-afdeling, wat beteken die raad behou dié vaardighede.”

Hy sê dié afdeling word deur mnr. Ileni Haighumbi, strategiese uitvoerende beampte van finansies, bestuur.

Volgens Salomo is Haighumbi goed vir dié taak gekwalifiseer.

Mnr. Michael Gotore van MMG het alle navrae na die kantoor van die ouditeur-generaal verwys.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%