Groot teleurstelling ná Cheetahs Pro14-status verloor
Rugby
Owen Kock – Dis amptelik, die Cheetahs is Dinsdag uit die Pro14-reeks geboender, maar hulle het hul franchise-status behou.
Die Cheetahs en die Southern Kings (wat intussen gelikwideer is) het plek gemaak vir die Haaie, Leeus, Stormers en Bulle in ’n vergrote Pro16-reeks.
Die Cheetahs en die Kings is in 2017 ook uit die Superrugby-reeks geskop en het dieselfde jaar nog tot die Pro14-reeks toegetree – net om vanjaar weer die trekpas te kry.
In ’n verklaring sê die Cheetahs hulle gaan hul opsies oorweeg.
Wat hul franchise-status betref, het die Cheetahs daarin geslaag om te onderhandel vir deelname aan ’n Super 8-kompetisie, wat ’n bykomende inkomste sal bied.
Volgens Harold Verster, uitvoerende hoof van die Vrystaat-Cheetahs, behou die Cheetahs hom die reg voor.
“Die implikasies van die sakemodel moet hersien word en die raad sal die pad vorentoe bepaal,” lui die verklaring.
Hy sê wel dat die plaaslike kompetisies wat vir volgende jaar beplan word, opwindend is. Daar sal eers ’n kompetisie wees waarin al 14 provinsies se spanne sal deelneem. Daarna sal agt spanne aan ’n Curriebeker-reeks, wat oor ’n dubbelronde van wedstryde gespeel sal word, deelneem.
Franco Smith, voormalige afrigter van die Cheetahs in die Superrugby-, Curriebeker- en Pro14-reeks, het die nuus van die Cheetahs se lot as baie sleg bestempel.
Smith, wat deesdae Italië se hoofafrigter is, sê hy is veral teleurgesteld vir die onthalwe van die spelers, afrigters en bestuur, die ondersteuners, en sommer net almal wat met Vrystaat-rugby te doen het.
“Ons het die laaste vier, vyf jaar hard gestoei om die Cheetahs weer relevant te maak in ’n ander kompetisie – Pro-rugby – en daar is baie opofferinge gemaak en ons moes baie brûe oorsteek en nou gaan dit tot niet,” sê ’n teleurgestelde Smith.
Hy sê hy verstaan daar is redes agter die besluite wat geneem is, maar dit bly ’n teleurstelling vir almal wat die laaste jare hard gewerk het om die Cheetahs ’n vastrapplek in Europa te gee.
“Die aanpassing wat daar was van die manier hoe ons by die huis gespeel het en hoe ons oorsee gespeel het, was ’n groot uitdaging.
“Daar is soveel planne gemaak. Ek dink vir baie mense daar by die huis is dit ’n erge teleurstelling,” sê Smith.
Kol. Peet Kleynhans, nog ’n voormalige Vrystaatse afrigter, het nie doekies omgedraai toe hy om kommentaar genader is nie.
“Dis hartseer om te hoor. Ongelukkig praat geld die hardste in sport vandag en die ouens wat dit het, call the shots,” sê Kleynhans.
– Netwerk24
FOTO
Die Pro14-wedstryd op 29 Februarie tussen die Dragons en die Cheetahs in Newport was die laaste keer dat die Bloemfonteinse franchise in die reeks te sien was. Hulle word voortaan deur die vier Suid-Afrikaanse Super-spanne in ’n vergrote Pro16-reeks vervang. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie