Groot skommeling by Wiese se Tradehold
Tradehold, 'n maatskappy wat in eiendomme belê en ook belange in die finansiëledienste-sektor besit, wil met die herstrukturering van sy onderneming laasgenoemde belange afsonderlik noteer.
Friedrich Esterhuyse, mede- uitvoerende hoof van Tradehold, sê die doel hiermee is om meer gefokusde ondernemings te skep wat elk oor 'n eie identiteit beskik.
“Ons finansiëledienste-bedrywighede is nog altyd oorheers deur ons eiendomsbelange, wat 92% van ons totale bruto bates verteenwoordig.
“Deur die herstrukturering wil ons groter sigbaarheid en begrip bewerkstellig van die finansiële dienste wat ons aanbied, hul waarde en potensiaal.”
Hy beklemtoon dat wat nou gedoen word, die eerste stap verteenwoordig in die herorganisasie van die groep wat hom voortaan op sy kernmarkte in Brittanje en Suid-Afrika sal toespits.
Tradehold se finansiëledienstebelange is gevestig in maatskappye in Brittanje en Suid-Afrika. In Brittanje besit hy, deur Reward Investments, 70% van drie van laasgenoemde se bedryfseenhede terwyl hy in Suid-Afrika 100% van die Kaapse maatskappy Mettle Investments besit.
Dié ondernemings bied onder meer dienste in finansiële tegnologie, die finansiering van hernubare energie, batebestuur en spesialislenings.
Sy eiendomsbelange is daarenteen gevestig in drie volfiliale, naamlik Moorgarth Holdings in Brittanje, Tradehold Africa, wat bedrywig is in Afrikalande, Suid-Afrika uitgesluit, en die Collins-groep in Suid-Afrika self.
Hoewel die finansiëledienste-belange in dié stadium nog betreklik klein is, het Tradehold reeds 'n aantal potensiële verkrygings geïdentifiseer en is hy in gesprek met van die ondernemings, sê Esterhuyse.
Die finansiëledienstebates sal ondergebring word in 'n maatskappy genaamd VestIN wat vir dié doel van sy eienaars, Osiris Property Services, verkry is. VestIN se primêre notering is op die aandelebeurs van Bermuda (BSX), met 'n sekondêre notering op die JSE se AltX.
VestIN
VestIN, tans 'n kontantdop, sal aan Tradehold-aandeelhouers ontbondel word. Die maatskappy, waarvan die naam verander sal word, sal sy huidige noterings behou. – Netwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie