Groot lesse in aanlyn gruwel
Groot lesse in aanlyn gruwel

Groot lesse in aanlyn gruwel

Dani Booysen
Soms sien ‘n mens – sonder afwatering – die naakte, slegste kant van die mens.

Sulke oomblikke reflekteer nie net op die gemeenskap of gemeenskappe waarvan ‘n individu lid is nie, maar veel wyer. Ook op ’n land en selfs op algemene opvattings en persepsies buite daardie land se grense.

Hierdie ongelukkige werklikheid is nie gebonde aan net een ras of kultuur nie. Die soort gedrag vind feitlik oral plaas.

Dit is gif vir die “ons is nie almal so nie”.

’n Privaatskool in Walvisbaai se skorsing van ’n onderwyseres en dissiplinêre optrede teen haar weens rassistiese haatspraak in die sosiale media was die korrekte stap. Die tersake opmerkings is so afstootlik dat dit enige poging tot simpatie of empatie byna onmoontlik maak.

In die tydsgreep van internasionale verset teen die minagting van swart en ander mense se waardigheid en regte, opnuut aangesteek deur vergrype teen George Floyd, wys dit ons hoe ver die pad na ware versoening ook nog voor sommige mede-Namibiërs uitstrek.

Tog moet ons as mense vergewensgesind wees, selfs teenoor groot onregte. Anders kan haat se vastrapplek net versterk.

Die onderwyseres het reeds teenoor haar werkgewer verskoning aangeteken en het ’n openbare apologie onderneem. Dit sal ongelukkig aan die opregtheid daarvan gemeet word.

Almal kan vele lesse uit die insident leer. Dit moet ons help besin oor sulke gedrag (nie net in die sosiale media nie) en die oorsake daarvan. En bowenal oplossings – nie net deur straf en vervolging nie – wat haat kan uitwis en wonde genees.

So sê ander

9 Junie 2020

How UK retailers are responding in a market hit hard by Covid-19

The latest figures show just how hard UK retail has been hit by the coronavirus lockdown.

Overall sales across all channels have fallen sharply for the second month in a row, despite a 60% rise in online sales, as measured by the BRC.

All eyes are now on June 15, the date when non-essential shops can start to reopen, according to government guidance – as long as the infection rate is under control. Footfall figures from Springboard yesterday predicted a pent-up demand to return to high street shops - but warned that the retailers that would benefit would be those that could manage social distancing most effectively.

It’s clear that reopening can’t solve all of the problems. Mulberry yesterday said it would consult on cutting a quarter of its global workforce.

The news comes days after the UK arm of Victoria’s Secret went into administration, putting 25 UK stores and 800 jobs at risk.

These retailers are unlikely to be alone in a market that went into the pandemic expecting to lose thousands of store jobs as shoppers spend less while also shifting their spending online. Those trends have only been intensified by Covid-19.

• INTERNET RETAILING

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer