Groot kommer oor tekort aan voorbehoedmiddels
Groot kommer oor tekort aan voorbehoedmiddels

Groot kommer oor tekort aan voorbehoedmiddels

Sonder daadwerklike pogings kan tussen 585 en 27 900 onbeplande swangerskappe in die land voorkom.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – ’n Studie voorspel tot 27 900 onbeplande swangerskappe kan in Namibië voorkom weens ’n tekort aan voorbehoedmiddels wat die Covid-19-pandemie tot gevolg gehad het.

Die verslag getiteld “Die handhawing van toegang tot voorbehoedmiddels tydens die Covid-19-ontwrigting: Potensiële impak en versagtingsmaatreëls in Namibië”, wys daarop dat armer vroue die grootste risiko loop. Dit, omdat hulle nie die geldelike vermoë het om voorbehoedmiddels privaat aan te koop nie.

“Die impak van Covid-19 op die gebruik van voorbehoedmiddels sal verskil, afhangend van die erns en duur van ontwrigtings.

“Sonder daadwerklike pogings om die impak te versag, word geraam dat tussen 23 400 en 92 900 vroue nie voorbehoed sal kan gebruik nie, wat tot tussen 585 en 27 900 onbeplande swangerskappe in die land kan lei,” word in die verslag geskryf, wat deur die Reproduktiewe Gesondheidsvoorraadkoalisie en Wêreldwye Finansieringsfasiliteit saamgestel is.

Die syfers is uitgewerk volgens drie scenario’s vir die beskikbaarheid van voorbehoedmiddels as gevolg van die Covid-19-pandemie: Lae onderbrekings oor drie maande, matige onderbrekings oor ses maande en erge onderbrekings oor 12 maande.

Die verslag wys indien self-inspuitings beskikbaar is, loop vroue wat voorbehoedmiddels deur inspuitings neem die grootste risiko om swanger te raak as gevolg van onderbrekings in die verskaffing hiervan. Die vroue het gewoonlik gereelde inspuitings nodig.

“Die impak mag ook verskil, afhangende van of vroue toegang tot die openbare of private sektor het. In Namibië bedien die openbare sektor tot 75% van die vroue wat van voorbehoedmiddels gebruik maak, terwyl net 25% dit in die private sektor koop,” het die verslag bygevoeg.

OORBRUGGINGSMETODES

In die verslag word voorgestel dat dit dalk sal help indien vroue oorbruggingsmetodes vind of voorrade heraangevul word. Bykomende geld by mediese fasiliteite blyk egter ’n struikelblok te wees.

“Geldelike hulp aan die wat dit benodig of openbare aankope van dienste deur die private sektor, is strategieë wat reeds bewys is om suksesvol te wees. Ook die gebruik van mobiele uitreike of gemeenskapsgesondheidswerkers wat dienste nader aan kliënte kan bring wat minder beweeglik is of wie se huishoudelike inkomste krimp,” lui die verslag.

VOORRAAD

In Mei vanjaar het logistieke kanale begin heropen, ná onderbrekings deur die Covid-19-pandemie wat baie lande oraloor die wêreld negatief geraak het.

Teen Junie is die meeste voorbehoedmiddels en ander farmaseutiese middels by die ministerie se Sentrale Mediese Stoor (CMS) afgelewer,” het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, gesê.

Hy sê die volgende voorbehoedmiddels is in Junie ontvang en daarna na gesondheidsfasiliteite landswyd versprei: Nordette (tablette), Triphasil (tablette), Jadelle (implantaat), Diane (tablette), Norethisterone (Nur-Isterate)-inspuitings en Medroxyprogesterone (Depo Provera)-inspuitings.

“Dus is voorbehoedmiddels nou aan die meeste gesondheidsfasiliteite in die land verskaf. Die CMS het ook bestellings uitgereik om voorraad vir voorbehoedmiddels aan te vul nadat die vorige besending versprei is.

“Ons hoop om seker te maak daar is ’n betroubare verskaffing van hierdie noodsaaklike gesondheidsmiddels. Die ministerie het besluit om meer voorbehoedmiddels deur die die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) te verkry, deur van gesamentlike verkrygingsmeganismes gebruik te maak.

“Laasgenoemde het die voordeel dat dit koste driedubbel bespaar, waarde vir geld bied en betroubare afleweringstye het,” het Nangombe gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.75/OZ DOWN -0.0152 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.027 | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -1.62% | Brent Crude Oil US$ 85.75/BBP DOWN -0.0266 | Platinum US$ 948.42/OZ DOWN -0.001 Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 297.75/OZ DOWN -0.0152 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.027 | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -1.62% | Brent Crude Oil US$ 85.75/BBP DOWN -0.0266 | Platinum US$ 948.42/OZ DOWN -0.001