Groot kommer oor nooddienste in Erongo
Van die beweringe is dat munisipaliteite bewilligings van die sentrale regering kry vir die instandhouding van nooddienste, maar dat die geld glo ander weë vind.
Des Erasmus - Ernstige kommer bestaan oor die beskikbaarheid en gehalte van munisipale nooddienste in die Erongo-binneland ná ‘n geknelde vrou se ure van ontbering in die kajuit van ‘n voertuig, ‘n noodlottige ongeluk Woensdagaand net buite Karibib op die pad na Omaruru, en ‘n huis wat verlede week op Usakos se middedorp afgebrand het.
Verset het veral teen Usakos se munisipale nooddienste, of ‘n gebrek daaraan, ingetree ná ‘n ongeluk.
Paramedici en tegnici van die ambulansdienste was wel op die tonele op hul pos om op die oorlewing van insittendes te konsentreer, maar meganiese toerusting het ontbreek om ‘n vrou te bevry wat in een van die voertuie agter die stuurstange vasgepen was.
Eers toe reddingswerkers van die Navachab-myn se nooddiens Sondagmiddag onder aanvoering van mnr. Tony Moller op die toneel gekom het, kon die vrou, me. Susiena Kandjala (39), met die gebruik van meganiese toerusting bevry word.
Sy was in ‘n baie ongemaklikle posisie met haar voete onder die rem- en koppelaarpedale vasgedruk en die stuurwiel het haar onderlyf vasgespen. Een van haar arms was gebreek en sy het ‘n snywond aan een van haar bene gehad. In teenstelling met die eerste berigte was sy by haar volle bewussyn.
Moller het op navraag aan Republikein gesê dit het die Navachab-span net sowat 10 minute gekos om die vrou te bevry nadat sy byna twee ure lank so vasgesit het. Drie ander mense was ook in die botsing tussen ‘n bussie en die tenklorrie betrokke, maar het met geringe beserings daarvan afgekom.
Moller was vol lof vir die bestuurder van die tenkwa wat feitlik onmiddellik met sy brandblussers gereed was, sou van die geskatte 25 000 liter brandstof ontplof het.
In daardie stadium het diesel reeds op die teerpad uitgelek met skerwe van die twee voertuie wat oor die baan gestrooi was. ‘n Omweg moes geskep word vir ander voertuie om verby te kom.
Usakos
Op Usakos het die voorval gelei tot beweringe dat ‘n nooddiens van die munisipaliteit feitlik net in naam bestaan.
Al is die brandweerwa nog daar is feitlik al die toerusting vir noodgevalle blykbaar weggedra. Dié nooddiens loop ook deur onder beweringe dat noodoproepe nie eers geantwoord is toe ‘n huis in die middedorp afgebrand het nie.
Karibib se brandweerdiens moes uiteindelik die byna 40 km aflê om te verhoed dat die vuur na ander huise versprei. Die gesin wat daar gebly het, het geweldige skade opgedoen.
Van die ergste beweringe is dat munisipaliteite bewilligings van die sentrale regering kry vir die instandhouding van nooddienste, maar dat die geld blykbaar ander weë vind.
Woensdagmiddag se noodlottige ongeluk het net ná die brug gebeur waar die pad van die B2-hoofweg buite Karibib na Omaruru wegswaai.
Volgens die eerste beskikbare inligting was ‘n pakkie vir ‘n koerierdiens na Omaruru te laat afgelewer.
‘n Jong man van Karibib het die koerierwa toe met die pakkie agternagesit en dit net ná die brug ingehaal en voorgekeer.
Net ná die oorhandiging het die man wat die pakkie gebring het blykbaar ‘n U-draai in die pad gemaak om terug te gaan Karibib toe.
Dit was blykbgaar toe dat sy motor deur ‘n aankomende voertuig getref is. Aanduidinge op die toneel was dat die oorledene uit die voertuig geslinger is. Teen druktyd was die naam van die oorledene as ene Miquel verstrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie