Groot gekekkel - sonder rede
VIVA NAM-HOENDER SKRYF:
Die leser wat die”suiwer ingevoerde hoender” so ophemel laat my dink aan twee insidente uit die verlede.
‘n Buurvrou van jare gelede op ‘n ander dorp, sy is ook al saliger, vertel my beste helfte sy hou nie van nagemaakte skoene nie – sy dra net “genuine patent leather” skoene.
In Pretoria was daar jare terug ‘n Hollander met ‘n slaghuis wat net perdevleisprodukte verkoop het. In die straat het ‘n tante gebly wat vir 20 jaar al haar vleis daar gekoop het. Daar verskyn toe ‘n berig n ‘n dagblad van slaghuise wat perdevleis verkoop. Die tannie loop toe haar slagter trompop en vertel hom dat sy hoop hy is nie een van daardie slaghuise nie. Hy neem haar toe na buite en wys haar op sy naambord wat duidelik aandui – hierdie slaghuis verkoop net perdeprodukte.
In die hoendergeval was daar ‘n hele ruk gelede ‘n berig in ‘n Sondagkoerant dat Suid-Afrika se regulasies oor hoenderprodukte, juis met die oog op die “dumping” uit die buiteland, produsente toelaat om tot 13% soutwater in hoenderprodukte wat bevries word te gebruik. Namhoender daarenteen se produkte word nie ingespuit nie, veral nie die vars hoender nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie