Groot Aub gaan gebuk onder armoede
Tanja Bause – Die gemeenskap van Groot Aub is gebroke en die kinders ly daaronder. "Meisies so jonk soos 14 verkoop hulself sodat hulle kos vir hulle en hul families kan kry,” het ''n onderwyseres by die Junior Sekondêre Skool Groot Aub, eerwaarde Deolinda da Fonseca, gesê.
Sy het tydens die herdenking van die Internasionale Dag vir Armoede-uitwissing wat deur die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn op Groot Aub gehou is, oor die omstandighede op dié dorp gepraat.
“Groot Aub is ''n baie siek gemeenskap met erge alkohol- en dwelmmisbruik en tieners wat seksueel aktief is wat tot ''n hoë tienerswangerskapsyfer lei,” het Da Fonseca gesê.
Volgens haar is daar talle jong meisies wat by ouer mans bly. Die mans sorg vir die families van die meisies.
“Wanneer ons met die ouers praat, sê hulle dat ons nie vir hulle geld vir kos gee nie en ook nie geld vir hul kinders gee nie,” het Da Fonseca gesê.
Sy het voorts gesê dat ouers hul geld eerder aan alkohol bestee as om kos vir die kinders te koop en baie van die kinders dus honger skool toe gaan. Daar is ook ''n groot aantal kinders wat die skool verlaat, volgens Da Fonseca.
“Kinders het geen rolmodelle nie en hulle dink dat die gemeenskap waarin hulle grootword, bestem hoe hulle lewens sal wees. Daar is nie ouers wat hul kinders aanmoedig om in die skool te bly en te presteer nie. Kinders dink dit is hul omstandighede en daar is niks wat hulle kan doen nie,” het sy gesê.
Die adjunkminister van die ministerie, eerwaarde Aino Kapewangolo, het gesê dat die dag vir armoede-uitwissing sedert 1993 elke jaar op die 17 Oktober herdenk word.
“Die president het oorlog teen armoede verklaar. Hy het die nuwe ministerie gestig en die minister het begin om voedselbanke in ses kiesafdelings in die Khomasstreek te vestig,” het Kapewangolo gesê.
In al veertien streke het samesprekings plaasgevind waaruit die bloudruk op rykdomherverdeling en die uitwissing van armoede ontstaan het.
"Eerstens moet die maatskaplike veiligheidsnette wat die armes beïnvloed, getakel word. Maatskaplike toelaes is noodsaaklik en dekking moet verhoog word. Ondersoek moet ook ingestel word na maatskaplike uitsluitings," het die adjunkminister gesê.
"Tweedens moet hongersnood beëindig word. ''n Multi-dimensionele benadering wat die verbetering van voedselvoorsiening vir armes en voedselproduktiwiteit insluit, is nodig.
Derdens moet die toegang tot basiese dienste verbeter word. Dit sluit onder meer die voorsiening van water, sanitasie, behuising, energie en gesondheid in," het sy gesê.
Laastens moet vaardighede en opleiding verbeter word sodat entrepreneurskap en werkskepping kan plaasvind, volgens Kapewangolo.
“Ons erken die veelvlakkige aard van armoede buite die monetêre inkomste, wat deur ''n gebrek aan basiese maatskaplike dienste, beskikbaarheid en toegang tot vaardighede veroorsaak word,” het sy gesê.
Me. Charmaine Appolus (41) is ''n ma van sewe kinders wat ook op dié dag haar lot bekla het. Sy was in Junie in Windhoek vir ''n operasie en is sedertdien aan haar regterkant ietwat verlam.
“Ek kan nie ''n werk kry nie, want ek kan nie goed vashou nie en my been gee die hele tyd mee,” het sy gesê.
Volgens haar was daar die afgelope naweek geen kos in die huis nie en het haar drie maande oue baba net rooibostee gekry om te drink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie