Grondlyste: ‘Geheimhouding onnodig’
Denver Kisting - Die ombudsman, adv. John Walters, het gistermiddag aan Republikein gesê hy het die volledige hervestigingslyste openbaar gemaak vóór hy en sy span dit volledig gefynkam het.
Hy sê die openbare druk was die afgelope week só geweldig dat hy besluit het om dit voortydig aan die groot klok te hang.
Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het die lyste vroeër vandeesweek aan Walters geopenbaar ná hy lank daarmee voete gesleep het.
"Dit is lank reeds uitstaande. Daar was géén rede vir die geheimhouding nie. Die publiek het die reg om te weet."
Walters het gister die name van mense wat voor 2010 hervestig is in die agt streke suid van die veterinêre kordonheining (Rooilyn), bekend gemaak.
Die name van begunstigdes, wat sedert 2010 hervestig is, is tydens die afgelope tweede nasionale grondberaad onthul.
Walters sê naas die feit dat 'n aantal politieke grootkoppe op die lyste is, is sekere plase aan beslote korporasies, maatskappye of skole toegeken.
Dít blyk volgens hom teenstrydig te wees met die oogmerk van hervestiging om landbougrond toe te ken aan mense om doeltreffend op dié grond te boer.
'n Ander kwessie wat agterdog wek, is dat 5 782 begunstigdes oënskynlik hervestig is, terwyl daar kragtens inligting van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) slegs 172 huurooreenkomste bestaan, sê die ombudsman.
Walters het die publiek genooi om die lyste te bestudeer en hul insette te lewer.
Mense het onder meer die reg om te bevraagteken hoekom hul hervestigingsaansoeke afgekeur is, terwyl ander suksesvol was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie