Grondloses ontken beskuldigings
Die Beweging vir Grondlose Mense sê dit word aan geen politieke organisasie verbind nie.
Catherine Sasman - Die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) het ontken dat hulle inwoners van Keetmanshoop aanmoedig om nié die komende naweek 'n Swapo-byeenkoms, onder leiding van pres. Hage Geingob, by te woon nie.
New Era het gister berig Swapo se //Kharas-streekskoördineerder, mnr. Mathews Mumbala, het die LPM daarvan beskuldig dat hulle mense aanmoedig om nie Geingob se byeenkoms by te woon nie.
Die LPM het in 'n mediaverklaring vir Mumbala uitgedaag om bewyse van sy beskuldiging te lewer.
Die LPM sê dit het geen politieke agenda nie en kan dus nie verbind word aan enige politieke organisasie nie.
Hulle sê dit is 'n burgerlike beweging wat voorspraak maak vir die toekenning van voorvaderlike grond.
“Ons verwerp en veroordeel Mumbala se valse bewering dat hy die LPM aan 'n politieke party probeer verbind. Ons glo Mumbala soek opwaartse politieke mobiliteit deur die LPM aan te val in 'n poging om die Swapo-leierskap te paai,” aldus die LPM-mediaverklaring.
Die LPM sê Mumbala het probeer om hul massavergadering, wat verlede maand by Keetmanshoop se J. Stephanus-stadion gehou is, te keer deur 'n beroep op die munisipaliteit te doen om toestemming vir die beweging se gebruik van die stadion terug te trek.
Die LPM het verder beweer Mumbala wou op dieselfde dag 'n Swapo-vergadering hou.
Die beweging beskuldig ook vir Mumbala daarvan dat hy “geen sensitiwiteit” of kennis oor die grondkwessie het nie.
“Die grondkwessie is groter as enige president of partypolitiek. Die volksmoord, in 'n historiese Namibiese konteks, is gepleeg met die doel om grond te onteien. Dié onteiening het talle maatskaplike, kulturele en ekonomiese gevolge vir ons mense gehad – iets wat ons tot vandag toe nog voel,” aldus die LPM.
“Ons sien dus geen rede om die Swapo-byeenkoms te boikot nie, aangesien die onteiendes in die algemeen en die mense van die Suide in die besonder, deur nasionale leiers en veral die Swapo-leierskap, geminag en beledig voel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie