Grondloses betoog op Grootfontein

28 February 2017 | Plaaslik
Tanja Bause - Gemeenskapsaktiviste op Grootfontein en inwoners van dié dorp het gister na die munisipaliteit en polisiekantoor op die dorp opgeruk om 'n petisie te oorhandig waarin hulle uitvaar teen die gebruik van traangas tydens 'n onlangse vreedsame optog deur grondloses.

Die beswaardes beweer traangas is na bejaardes, kinders en babas gespuit ten spyte van die feit dat die protes vreedsaam was. ­Verskeie mense moes in die hospitaal opgeneem word.

Die opdrag vir die gebruik van traangas is glo deur die stasiebevelvoerder op die dorp, hoofinsp. Ester Mainga, gegee.

“Sy het tot drie getel en aan die spesiale veldmagte beveel om te vuur. Ons moes 500 meter ver hardloop om weg te kom,” lui die petisie.

Mainga het glo ook opdrag gegee dat die gemeenskap­sleiers in hegtenis geneem word. In die petisie word voorts beweer Mainga is deur die burgemeester van Grootfontein beopdrag om traangas op die optoggangers te gebruik.

Volgens die petisie eis die gemeenskap dat Mainga haar pos ontruim en die gemeenskap verlaat omdat mense “in vrees leef”. Hulle eis ook dat sy nie mag inmeng met die ondersoek na ses klagtes wat die ­gemeenskap teen die polisie gelê het nie. Verder beweer die grondloses hulle het “grond en geld” weens die onbevoegdheid van die munisipaliteit se bestuur verloor.

Volgens hulle het die dorp se hoof uitvoerende beampte, mnr. Charles Kariko, grond ter waarde van N$30 miljoen aan Tugela Trading Company verkoop. Dié geld het egter nooit in munisipale koffers beland nie. Die munisipaliteit se finansiële state moet volgens hulle blootgelê word omdat dit oor “openbare geld” gaan.

Volgens die petisie is die lewensomstandighede in die blikkiesdorp Omulunga wat sonder toilette is, onaanvaarbaar. Ook beskik 80% van die dorp nog nie oor asdromme nie en is Grootfontein se strate vol slaggate.

“Daar is geen gemeenskaps­projekte soos ouetehuise, kinderhuise, mobiele klinieke, of openbare speel- en kuierplekke op die dorp nie, net sjebeens,” sê die beswaarmakers.

Die gemeenskap eis binne sewe dae die koppe van die munisipaliteit se bestuur en dié van

Kariko.

Hulle vra ook 'n ondersoekspan moet saamgestel word om die finansies van die munisipaliteit te ondersoek en grond aan 2 200 grondloses beskikbaar te stel.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

11 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

11 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

11 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

11 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

11 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

11 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

11 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...