Grondloses betoog op Grootfontein
Tanja Bause - Gemeenskapsaktiviste op Grootfontein en inwoners van dié dorp het gister na die munisipaliteit en polisiekantoor op die dorp opgeruk om 'n petisie te oorhandig waarin hulle uitvaar teen die gebruik van traangas tydens 'n onlangse vreedsame optog deur grondloses.
Die beswaardes beweer traangas is na bejaardes, kinders en babas gespuit ten spyte van die feit dat die protes vreedsaam was. Verskeie mense moes in die hospitaal opgeneem word.
Die opdrag vir die gebruik van traangas is glo deur die stasiebevelvoerder op die dorp, hoofinsp. Ester Mainga, gegee.
“Sy het tot drie getel en aan die spesiale veldmagte beveel om te vuur. Ons moes 500 meter ver hardloop om weg te kom,” lui die petisie.
Mainga het glo ook opdrag gegee dat die gemeenskapsleiers in hegtenis geneem word. In die petisie word voorts beweer Mainga is deur die burgemeester van Grootfontein beopdrag om traangas op die optoggangers te gebruik.
Volgens die petisie eis die gemeenskap dat Mainga haar pos ontruim en die gemeenskap verlaat omdat mense “in vrees leef”. Hulle eis ook dat sy nie mag inmeng met die ondersoek na ses klagtes wat die gemeenskap teen die polisie gelê het nie. Verder beweer die grondloses hulle het “grond en geld” weens die onbevoegdheid van die munisipaliteit se bestuur verloor.
Volgens hulle het die dorp se hoof uitvoerende beampte, mnr. Charles Kariko, grond ter waarde van N$30 miljoen aan Tugela Trading Company verkoop. Dié geld het egter nooit in munisipale koffers beland nie. Die munisipaliteit se finansiële state moet volgens hulle blootgelê word omdat dit oor “openbare geld” gaan.
Volgens die petisie is die lewensomstandighede in die blikkiesdorp Omulunga wat sonder toilette is, onaanvaarbaar. Ook beskik 80% van die dorp nog nie oor asdromme nie en is Grootfontein se strate vol slaggate.
“Daar is geen gemeenskapsprojekte soos ouetehuise, kinderhuise, mobiele klinieke, of openbare speel- en kuierplekke op die dorp nie, net sjebeens,” sê die beswaarmakers.
Die gemeenskap eis binne sewe dae die koppe van die munisipaliteit se bestuur en dié van
Kariko.
Hulle vra ook 'n ondersoekspan moet saamgestel word om die finansies van die munisipaliteit te ondersoek en grond aan 2 200 grondloses beskikbaar te stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie