Grondhervorming moet nie voedselsekuriteit strem
Vandag is Wêreldvoedseldag
Dr. Kobus Laubscher - Daar is sterk argumente ten gunste van betoë dat wat ookal die uitkoms is grondhervorming is, voedselsekuriteit nie in gedrang moet kom nie.
Grondlose landsburgers se appèl op toegang tot grond het bewese regverdiging en die meriete van die versnelling van veranderde grondeienaarskap is seker nou volledig op rekord. Die vraag is of dit minder honger mense tot gevolg gaan hê of kan hê.
Meer kos sal prysstrukture regtrek in terme van ‘n groter aanbod wat inflasie in toom kan hou as die vraag nie vinniger styg nie. Die jongste inflasiesyfers getuig van laer pryse en verstadigde inflasie, maar dit is nie as gevolg van aanboddruk nie, maar grotendeels vanweë die pap vraag.
Dié tendens moet dus nie as ‘n sein gesien word nie, want dit kan ‘n vals sein wees.
Daarmee saam sien ons die effek van kostes op die waardeketting wat die voordele van laer plaashekpryse eenvoudig wegkalwe.
Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat veranderde toegang tot landbougrond een van vele faktore is aangesien voedselsekuriteit van méér afhang as van die aanbod van voedsel.
Mense moet kos kan bekostig. Meer nog, gesonde en heilsame kos wat bekostigbaar is vir meer mense, is die wagwoord.
In hierdie verband is die fokus met Wêreldvoedseldag vandag dus dat meer aandag is nou nodig is ten opsigte van die voedingswaarde van kos en hoe die produk ná aflewering by die plaashek getransformeer kan word om hierdie doel te bevredig.
Toelaes gee meer mense toegang, maar die aanwending van dié toelaes dui op groot verskille ten opsigte van die koop van kos op grond van inkomstevlakke.
Die jongste indiensnemingstatistieke wys op stygende werkloosheid en vir diegene met werk, is keuses al hoe moeiliker. Duurder vervoer en verblyf (en ander institusionele inflasiefaktore) erodeer die geld beskikbaar nadat die gelukkiges met werk wat vir meer en meer monde moet sorg, dié verantwoordelikhede nagekom het.
Ten einde dié dilemma te verstaan, moet van opnames oor hoe arm mense kos koop, deeglik kennis geneem word. Pacsa, ’n instansie in Pietermaritzburg wat die impak van inflasie op arm mense ondersoek, het betekenisvolle tendense openbaar.
Hulle lewer bewys dat hoë kospryse en te lae lone en toelaes beteken dat die meerderheid van die bevolking nie kan bekostig om te eet wat as minimum voeding nodig geag word nie.
Daarmee saam is kospryse baie wisselvallig en onvoorspelbaar, wat aankopebesluite verder kompliseer.
Na raming het meer as 25% van voorheen benadeeldes in Suid-Afrika in 2017 onder die broodlyn van R532 per maand geleef. Volgens Pacsa was die koste van ‘n mandjie met optimum voedingswaarde R4 161, terwyl die inkomste wat daarvoor beskikbaar was, 25% minder was.
Arm mense het te min om gebalanseerd te kan eet. Verdere opnames toon dat kosaankope nie meer die hoogste prioriteit is nie – verbruikers spaar op hul mae.
Uit onderhoude met vroue wat kosaankope doen, is verdere onrusbarende tendense blootgelê naamlik dat nie almal in so ‘n huis gelyke toegang het nie van die trollie wat maandeliks gekoop word nie.
Die wat eerste kom, eet eerste. Dit beteken dat “laatkommers” dikwels net kan eet wat oor is en nie kan kies nie. Teen die helfte van die maand is die trollie leeg en dan ly lede honger of eet wat hulle kan bekostig. Dit is te dikwels stysel – ‘n bord pap, rys, ensovoorts.
Soos pryse vir vleis styg, word die pot groter gemaak met meer souse en speserye om die vleissmaak te behou. Wanneer broodpryse styg, word teruggeval op ander styselprodukte waarvan die voedingswaarde sub-optimum is. Die gevolge is tekort aan kalsium en ander vitamiene en minerale en dit het verdere implikasies soos groeistremming by kinders.. Melkpryse dwing die armes om melk te vervang met ander produkte soos verromers, waarmee die gesin verder kom.
Kortom, hoë kospryse dwing veranderde kooppatrone af en vanweë die wisselvalligheid van pryse, is voorspellings oor toekomstige verloop haas onmoontlik.
Teen hierdie agtergrond moet beleide in balans kom.
Meer grond vir meer produksie moet meer mense kos gee, maar nóg belangriker is die ekonomiese noodsaaklikheid dat die kos teen ‘n wins produseer moet word. Dit is weer afhanklik van ‘n legio ander veranderlikes. Uiteindelik gaan dit oor volhoubaarheid en grond is ten beste ‘n middel tot daardie doel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie