Grondhervestigingsprogram ‘onregverdig, ongebalanseerd’
Inwoners van die Hardapstreek sê die grondhervestigingsprogram is onregverdig en die kwalifiserende kriteria diskrimineer teen arm en ongeskoolde Namibiërs. Dit is die mening van sowat 21 inwoners wat ’n openbare verhoor op Mariental oor die grondhervorming- en hervestigingsprogram bygewoon het. Die landwye verhore word gelei deur die Namibiese ombudsman, adv. John Walters. Volgens Walters is verskeie klagte teen hervestigingskomitees in streke ontvang. Dit sluit beweerde voorvalle van onregverdige behandeling in die toekenning van land asook hervestigingsplase wat deur begunstigdes aan ander onderverhuur word. Die openbare verhore sal in elke streek van die land gehou word. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie