Grondboontjiebotter-roomyskoek
Grondboontjiebotter-roomyskoek

Grondboontjiebotter-roomyskoek

Lloyd Zandberg
Bestanddele

2 x 176 g Oreo-koekies (of ander sjokoladekoekies)

¾ koppie (180 ml) botter, gesmelt

2 koppies room

¾ koppie roomkaas

¾ koppie versiersuiker

1¼ koppie grondboontjiebotter, romerig

Metode

Maak dié maklike roomys-droompoeding met Oreo’s en kyk hoe almal toustaan. Boonop het jy net 'n klitser, bak en vrieskas nodig!

1. Voer ’n 23 x 23 cm- vierkantige bak uit met kleefplastiek. Druk die koekies fyn en meng die helfte van die koekiekrummels en die helfte van die gesmelte botter en druk dit in in die bodem van die pan vas en sit dit in die vrieskas.

2. Klop die room styf en hou dit eenkant. Klits nou die roomkaas en versiersuiker tot lig en klits dan die grondboontjiebotter ook daardeur. Vou die room ligweg met die hand deur en skraap die mengsel op die koekiebasis uit.

3. Vries die tert vir ten minste 4 uur tot ferm. Meng die res van die krummels en botter en druk dit stewig bo-op die tert vas. Laat dit vir ’n uur vries, of bedek met kleefplastiek en vries dit langer as jy wil.

4. Dop die roomyskoek uit en sny dit met ’n warm mes. Laat dit vir sowat 15 minute teen kamertemperatuur om “sag” te raak voordat jy dit eet. Jy kan dit verder met karamelroomyssous opdollie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer