Grondbelastingaansoek slaag in hou00ebrhof
Grondbelastingaansoek slaag in hou00ebrhof

Grondbelastingaansoek slaag in hoërhof

Catherine Sasman
Die dringende hofaansoek waarmee gepoog is om uitstel te kry vir die betaling van grondbelasting deur boere hangende 'n appèl oor hul grondwaardasies, het vanoggend (Woensdag) in die hoërhof in Windhoek geslaag.
Regter Hosea Angula het ‘n interdik uitgereik teen enige aanslag van grondbelasting betaalbaar ingevolge die hofwaarderingsrol van 1 April 2012.
Die aansoek is deur meer as 'n duisend boere ondersteun wat nie teen grondbelasting as sodanig gekant is nie, maar wel teen die wyse waarop die nuwe grondwaardasies bereken is.

Kommentaar

Republikein 2025-07-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer