Grondbeginsel nié die probleem
Kommersiële boere het by die grondberaad gesê daar moet ondersoek word waarom die regering nie die meerderheid kommersiële plase koop wat aan hulle gebied word nie.
Elvira Hattingh
“Ek verteenwoordig die meeste wit kommersiële boere of titelakteboere van die land. Ek is 'n gebore Namibiër en het hier grootgeword. Ek is 'n trotse Namibiër en het nêrens elders om heen te gaan nie. Namibië is my huis.”
Dít was die president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, se woorde by die tweede nasionale grondkonferensie, waarvoor hy applous ontvang het.
Hoewel verskeie belangegroepe Maandag van 15:00 af elk 'n spreekbeurt van tussen 10 en 20 minute sou kry, het hulle láát Maandagaand eers aan die beurt gekom ná die konferensie ver agter geraak het met die program. Van die laaste sprekers se spreukbeerte is na net vyf minute verkort.
Van der Merwe het gesê wit kommersiële boere aanvaar en ondersteun reeds sedert onafhanklikheid grondhervorming as die regering se manier om die ongelykhede van die geskiedenis te probeer regstel.
“Daar is geen vrae daaroor nie. Dienooreenkomstig het ons aktief deelgeneem en bydraes gelewer, sodat grondhervorming suksesvol sal wees.”
In 2003 het die NLU 'n ná-hervestigingsondersteuningsprogram ontwikkel onder die leiding van die oudpolitikus en boer, mnr. Jan de Wet, met die finansiële steun van die Europese Unie, afgesien van verskeie ander bydraes soos die saamstel van 'n pryskomitee sodat meer hervestigingsgrond beskikbaar gestel kan word, asook 'n model vir onteieningsvereistes.
“Ons steun die regering se doelwit om vyf miljoen ha vir hervestiging te bekom, asook 10 miljoen ha deur die regstellende aksie-leningskema (AALS).”
Hy het herhaal die NLU se databasis toon sowat 60% van al die grond wat vir landboudoeleindes, private toerisme, as dorpsgebiede en deur myne gebruik word, behoort aan die regering of voorheen benadeeldes.
Volgens Van der Merwe beskou die NLU die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper steeds as 'n doeltreffende manier om gewillige verkopers te identifiseer.
Daar moet eerder volgens die NLU gekyk word waarom die regering meer as 5 miljoen ha van die hand gewys het as om die beginsel af te skaf.
BELÊ IN KOMMUNALE GROND
Mnr. Jason Emvula, president van die Namibiese Nasionale Landbou-unie (NNFU) wat kommunale boere verteenwoordig, het gesê die oorgrote meerderheid van Namibiërs is afhanklik van landbou, wat dit die ruggraat van die land se ekonomie maak.
Hy het gesê daar moet sterk in landbou en spesifiek kommunale grond belê word. “Almal ken die gesegde – geen boer, geen kos,” het Emvula gesê.
Hy het gesê grond moet dringend aan armes in landelike gebiede gegee word en daar moet veral op die herverspreiding van kommersiële grond gefokus word. Grondeienaarskap deur buitelanders moet volgens Emvula heroorweeg word.
“Die herverspreiding van grond moenie as 'n manier gesien word om chaos teweeg te bring nie. Dikwels as die regering probeer om die skewe struktuur van grondbesit in die land te takel, word hulle daaraan herinner om nie die land se stabiliteit op die spel te plaas nie. As die uitgerekte swaarkry van ons mense egter gaan voortduur, dan word dit as normale praktyk aanvaar,” het Emvula gesê.
Toegang vir boere tot internasionale markte en kredietgeriewe is volgens Emvula noodsaaklik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie