Groep is fisiek en geestelik opgewasse, sê Davies
Rugby
Die Namibiese direkteur van rugby en afrigter van die nasionale span, Phil Davies, is in sy noppies dat hy die beste spelers beskikbaar kon kry vir die 2018 Rugby Afrika Goue Bekerreeks, met die uitsondering van enkelinge wat nog van beserings herstel.
Die rugbygroep van 34 (plus tien op bystand) wat vroeg vandeesweek aangekondig is, sal voorberei vir die wedstryde in Junie en Augustus wat ook as die beslissende kwalifiserende reeks vir die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan sal dien.
Volgens Davies is die groep goed gebalanseer tussen jeug en ondervinding en is hy opgewonde oor die span se kanse om vir die vyfde opeenvolgende jaar die Rugby Afrika-titel te wen.
“As afrigterspan glo ons dat die plaaslik gebaseerde Namibiese spelers die hartklop van die nasionale span vorm.
“Om hierdie rede het ons 'n plan by die Nasionale Rugbyakademie in werking gestel om die getal tuisgebaseerde spelers van topgehalte te vergroot. Dit verwys na spelers wat in die SuperSport uitdaagreeks en die Curriebeker in aksie is, wat 'n groot hupstoot in hierdie ontwikkeling is.
“Oor die laaste twee jaar het Namibië 25 nuwe spelers op senior vlak blootgestel, insluitend verskeie van ons uitstaande nasionale onder 20-spanlede wat by ons opvolgingsplan inskakel.
“Op dié manier is omtrent 112 spelers duidelik geïdentifiseer wat die ruggraat van Namibië se nasionale groepe vir die Wêreldbekers van 2019 en 2023 vorm,” het Davies gesê.
Die Wallieser is opgewonde oor die komende uitdagings wat Uganda, Tunisië, Marokko, Zimbabwe en Kenia inhou. Volgens hom is dit een van Namibië se moeilikste paadjies na Wêreldbeker-kwalifisering in die laaste dekade.
“Ons het vertroue dat ons 'n baie sterk groep met die nodige talent, diepte en geestelike taaiheid ontwikkel en saamgestel het om hierdie uitdagings te bowe te kom.”
Die Namibiërs beplan 'n weeklange oefenkamp op Stellenbosch voor die begin van hul aanslag op 16 Junie teen Uganda in Windhoek. Op die daaropvolgende twee naweke sal wedstryde teen Tunisië (tuis) en Marokko (weg) voorlê, met 'n tussenpose voor die laaste twee toetse teen Zimbabwe in Bulawayo op 4 Augustus en teen Kenia in Windhoek op 8 Augustus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie