Groen tyd is nou
Die Verenigde Nasies se waarskuwing dat ‘n klimaatsverandering-wipwarit op die wêreld wag, moet ook die Namibiese regering saam met institusionele, sake- en gewone burgers aanspoor om vroegtydig volhoubare maniere te vind om die werklikhede van ‘n snel veranderende planeet die hoof te bied.
‘n Uitmergelende droogte kan vir ‘n vloedslag plek maak.
Uit wêreldwye geraaktes (60 tot binnekort dalk 100 miljoen mense) en die koste van humanitêre hulp (US$4 miljard) is Namibië se behoeftes dalk gering, maar in ons land is die tol en nood soos reeds gerapporteer massief.
Slaap, sluimer en wag vir die vet jare “wat maar altyd weer kom”, is geen uitweg meer nie. Die huidige waterkrisis het dit reeds onteenseglik bewys.
Soos ‘n doeltreffende waterplan vir komende dekades en nog verder die toekoms binne, sal volhoubare oplossings vir voedselsekerheid en alle verwante risiko’s deurslaggewend wees. Veel gouer as oor 10, 20 of 30 jaar.
Die regering se verbintenis tot meer kragopwekking uit omgewingsvriendelike bronne is ‘n welkome deel van hierdie voorsienigheid – wat op ‘n veel wyer front van sleutelbelang is.
Vanaf hierdie week bring Namibiërs ook soos elders in die wêreld hul deel met groenbelasting op nuwe voertuie, buitebande en gloeilampe. Die groen era is hier. Niemand kan dit vryspring nie en ou idees en lewenswyses is gedoem.
Ook vir die oorlaaide voertuigweë waaraan Windhoek reeds wurg en stik, sal ‘n groenslim toekomsantwoord gevind moet word.
So sê ander
12 Julie 2016
Rudy Giuliani’s Racial Myths
For a nation heartsick over the killings of black men by police officers in Louisiana and Minnesota, and the ambush murders of officers by a gunman in Dallas, here comes Rudolph Giuliani, bringing his trademark brew of poisonous disinformation to the discussion.
In his view, the problem is black gangs, murderous black children, the refusal of black protesters to look in the mirror at their “racist” selves, and black parents’ failure to teach their children to respect the police.
How will the country ever get beyond its stunted discourse about racialized violence when people like Mr. Giuliani continue to try to change the subject?
We can only hope that in the heat and anger of this wretched summer, Americans’ impulse to pull together is stronger than the divisiveness of race-baiting moralists.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie