'Groen spriete' kan droogtejuk verlig
Vraag na speenkalwers kan styg
Dr. Kobus Laubscher - Die aankondiging oor die hervatting van vleisuitvoere uit Suid-Afrika kan naas die berigte van goeie reën in baie van die droogte geteisterde gebiede, nuwe veerkrag aan hierdie sektor gee. Dit is goeie nuus vir die streek in die geheel.
Saamgelees met aankondigings deur die Namibiese regering van uitgebreide droogtehulp om die impak van die droogte te probeer versag, kan die lewendehawebedryf in die substreek dalk weer sy kop optel.
Dit is nodig om die aanbodkant in orde te kry, al is die vraagkant nog sonder enige belofte. Die antwoord vir versnelde groei lê ongetwyfeld in uitvoere en die volgehoue uitvoer van speenkalwers uit Namibië moet uitvoergeleide herstel aanvul.
Die jongste ekonomiese aanwysers in Suid-Afrika beklemtoon net weer die kwesbaarheid van die stelsel indien landbou se bydrae ook onder druk kom. Alhoewel die ekonomie in die laatste kwartaal van 2018 effe kop opgetel het, was ekonomiese groei volgens Statistiek Suid-Afrika ‘n baie lae 0,8%. Dit is veel swakker as die 1,4% van 2017 toe ekonome reeds kommer uitgespreek het oor die impak.
Die onvermoë van Eskom om te voldoen aan net die normale vraag na energie en die ongekende omvang van beurtkrag tans, sal nog later die jaar sy tol eis. Ongetoetste berekening sover dui op reuseverliese van meer as R30 miljard. Dié verspilling van geleenthede sal van êrens verhaal moet word.
Volgens Statistiek Suid-Afrika het inflasievlakke in Januarie vanjaar verder afgeplat en is die lae kosinflasie veral ‘n welkome verwikkeling. Die blywende aard daarvan in die lig van die verspilde koste met beurtkrag, is egter onder verdenking
Die algemene verwagting is egter dat min veranderings in die voorverkiesingsfase akkommodeer sal kan word, maar stywe verhoging in die prys van brandstof gaan ook merke laat in terme van prysstygings later vanjaar.
Die ekonomie bly ‘n drukpot met toenemende werkloosheid as gevolg van die afwesigheid van volhoubare ekonomiese groei. Inflasievlakke vir die laer inkomstegroepe oorskrei dié van diegene wat prysstygings kan bekostig. Daar is gevolglik nie veel kans om die landbou en veral die lewendehawebedryf deur middel van groei in vraag ‘n hupstoot te gee nie. Die Nasionale Bemarkingsraad se mandjie van 28 verbruikersitems staaf die impak van verstadigde inflasie, want in Februarie vanjaar het dié mandjie kos R870,19 gekos, wat maar 0,03% meer was as ‘n maand gelede. Vergeleke met Februarie 2018, was die toename slegs 1,3%. Die lae styging word verwelkom, maar daar moet onthou word dat dit veranderings weergee van reeds hoë prysvlakke.
Wat opval is die oneweredigheid van die stygings van die onderskeie komponente in die mandjie. Groente en vis was die grootse sondebokke met prysstygings van 8,9% en 5,7% onderskeidelik, terwyl vleis se inflasie jaar-op-jaar met 0,5% afgeneem het.
Dit sou verkeerd wees om net die negatiewe te verreken. Wêreldwyd word gepoog om mense meer en beter te laat eet, kosvermorsing te verminder en waar moontlik plaaslike produsente te ondersteun.
Verbruikers word aangemoedig om deur middel van eenvoudige reëls beter na hulself om te sien as dit kom by die koop en verbruik van kos.
Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) het vervolgens verlede week hande gevat met van die mees vooraanstaande sjefs en hulle betrek by veldtogte wat uiteindelik kan lei tot die uitwissing van hongersnood.
Dit is dan in hierdie konteks wat produsente moet toesien dat die afnemers van hulle produkte deur die nodige navorsing en ontwikkeling, voorkeur vraagstatus bekom.
Die toekoms lê nie net meer in die verhoging van aanbod wat teen die regte prys afgeneem kan word nie. Groter diversifisering van produkte wat aan die nuwe vraagverwagtinge kan voldoen, is nodig.
Daarvoor is dit nodig dat waardekettings herstel en uitgebrei word en behoort enige hulp vanaf regerings om droogtes se impak te verlig, die beste opbrengs te gee op die geld wat bestee word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie