Groen ruimtes hou veiligheidsrisiko's in
Groen ruimtes hou veiligheidsrisiko's in

Groen ruimtes hou veiligheidsrisiko's in

Ongerepte ruimtes in stedelike gebiede gee mense die geleentheid om in die ope natuur aktief te wees. Onderhoudskoste en die veiligheid van besoekers is egter 'n bron van kommer.
Yandi Du Plessis
Steffi Balzar

Farm Windhoek, waar die IJG Trails geleë is, is een van verskeie groen ruimtes wat deur die Windhoekse munisipaliteit (CoW) verhuur word.

Volgens me. Wanda van der Merwe van IJG Trails bied die ruimte die ideale geleentheid om die natuur op Windhoekers se voorstoep te geniet.

“Hierdie nabyheid hou egter ver­skeie uitdagings in,” erken sy. Die gebied word geteiken deur misdadigers wat daar wegkruip, of besoekers aanval of beroof.

Volgens Van der Merwe is alle instandhoudingskoste wat nie met grondwater verband hou nie, die huurder se verantwoordelikheid, asook die veiligheidsmaatreëls. “Deur toegangsfooie, borge en ledegeld finansier ons sekuriteitswagte se salarisse en dek ons die onderhoudskoste,” sê sy.

In die lig van onlangse misdaadgevalle het verskeie buurtwagte kragte saamgesnoer om eenhede teen stropery te vorm wat die gebied patrolleer.

Die Avisdam is nog 'n gewilde groen ruimte. Dit word ook deur die munisipaliteit verhuur en deur die niewinsgewende organisasie Greenspace bestuur. Volgens die organisasie se verklarings val die administrasie en dus die veiligheidsmaatreëls nie onder CoW se lys van pligte nie.

Volgens me. Vera Freyer, voorsitter van Greenspace, was daar die afgelope jare baie min voorvalle by die dam. Dié wat wel plaasgevind het, was in die aande nadat die wagte by die ingang se skofte reeds verby is. Volgens haar is die wagte tot 19:00 in die somer en tot 18:00 in die winter op die perseel.

In Julie vanjaar het 'n skokvoorval by die dam opslae gemaak toe wyle mnr. Daniele Ferrari (52) tydens 'n stapsessie met sy honde deur twee mans met pangas aangeval en vermoor is. Dit het gebeur nadat die wagte reeds weg was.

Om besoekers se veiligheid te verseker, het die organisasie nou 'n hek op die toegangspad (Avisweg) geïnstalleer. “Dit is om te verhoed dat besoekers na-ure alleen op die terrein kan wees en moontlik aangeval en beroof word. Greenspace is spyt oor dié beperking, maar dit is ons plig om die damgebied so veilig as moontlik te hou,” verduidelik Freyer.

MEER GESINSPARKE BEPLAN

Mnr. Harold Akwenye van CoW se korporatiewe skakelafdeling sê die stad bedryf ver­skeie veilige groen ruimtes.

Hieronder tel speelgronde in Agostinho Neto Park naby Ausspannplatz of Snymansirkel, asook die parke aan die suidekant van die stad. “Bedags word die sanitêre geriewe skoongemaak en die infrastruktuur onderhou. Onreëlmatighede word onmiddellik by die polisie of die parke-afdeling aangemeld,” sê Akwenye.

In die westelike voorstede is die UN Plaza en die Goreangabdam die enigste groen ruimtes vir inwoners. Die Brakwater-gebied word vanweë die beskermde plantegroei as 'n natuurpark beskou.

Volgens die woordvoerder vind die enigste veiligheidsbeperking na-ure plaas by sekere speelgronde in die woongebiede Eros, Klein Windhoek, Suiderhof en Pioniers­park, wat hoofsaaklik beset word deur haweloses wat daar skuiling soek. “Die polisie voer lukrake inspeksies uit en ontruim hierdie mense,” het hy bygevoeg.

“Die stadsraad beplan meer groen ruimtes, maar die waternetwerk word tans geïnspekteer.”

Die parke-afdeling is besig om die ingange na die stad te verfraai en beplan om sekere speelgronde in die ooste van Windhoek te ontwikkel tot gesinsparke met WiFi en groen ruimtes.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.63/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.16% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0132 | Platinum US$ 1 034.34/OZ UP +3.29% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.63/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.16% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0132 | Platinum US$ 1 034.34/OZ UP +3.29%