Griekwas se Whitehead agt weke op krukkelys
Rugby
Marnus Kok – Griekwas se losskakel en kaptein, George Whitehead, se deelname aan die voorbereidingsreeks is kortgeknip nadat hy sy sleutelbeen Dinsdag in Kimberley teen die Stormers gebreek het.
Whitehead is reeds gisteroggend geopereer en sal die volgende agt weke op die krukkelys wees, sê Scott Mathie, afrigter van die Poubloues.
Dit is die tweede keer die laaste paar maande dat die beseringspook by die 31-jarige Whitehead besoek aflê.
Hy het in November gedurende ’n oefening sy hand gebreek. Dié besering het hom ook ’n paar weke langs die kantlyn gehou.
Die verwagting is dat Tinus de Beer Griekwas se nr. 10-trui sal dra wanneer hulle aanstaande week in Gqeberha (Port Elizabeth) teen die Oostelike Provinsie te staan kom.
Wat die kapteinskap van die Poubloues betref, dié mantel kan straks ook val op die skouers van De Beer (25), ’n voormalige Junior Springbok.
Zak Burger (skrumskakel), wat Griekwas vir die grootste gedeelte van verlede seisoen aangevoer het, het hom onlangs by die Bulle aangesluit.
Die Noord-Kapenaars het Dinsdag met 32-38 teen die Stormers in die voorbereidingsreeks verloor, maar teen die einde baie naby daaraan gekom om ’n skokoorwinning te behaal.
Griekwas se onvermoë om vir 80 minute te speel het hulle waarskynlik daarvan weerhou.
• Die Bulle het Dinsdagaand in Mbombela met 48-31 teen die Pumas gewen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie