Griekwas hol WP dronk
Rugby
Marnus Kok - 'n Skitterende vertoning deur Griekwas se heelagter, Anthony Volmink, het die grondslag vir die Poubloues gelê om hul plek in die eindstryd van die SuperSport-uitdaagreeks te bespreek, waar die ISG Pumas op hulle wag.
Die Poubloues het gister sewe drieë gedruk om die Westelike Provinsie gemaklik met 50-21 in die halfeindstryd in KaNyamazane, buite Nelspruit te klop.
Griekwas se voorspelers het die grondslag vir die oorwinning gelê deur in die skrums, lynstane en in die losgemale te oorheers.
Dit het agterspelers soos Volmink, wat meer bekend is as 'n vleuel, in staat gestel om die veld vol te hardloop. Hy was ook veilig onder die hoë bal. Ook die vleuel Enver Brandt was goed met die bal in die hand en het twee keer gaan druk.
Die WP se probleme het voorlangs begin, waar hulle nie hul eie lynstaanbesit kon verseker nie. Die Poubloues se agtsteman, Will Wilson, het 'n keer omgekeerde besit bewerkstellig, wat bewys het dat die WP nie hul eie balbesit kon beskerm nie.
Griekwas het die duikslae gemaak wanneer hulle moes, terwyl die WP 'n paar keer foute op die verdediging gemaak het.
Boonop het dit nie altyd gelyk of die Kapenaars weet wat om met hul balbesit te doen nie. Hul wedstrydplan was rondom die vleuel Craig Barry en die heelagter, Tristan Leyds, gebou. Maar een of twee swaeltjies het nog selde 'n somer gemaak.
Dat die Kapenaars se skopwerk uit die hand uit ook nie op standaard was nie, het dinge verder vir die 2017-kampioen gekompliseer. Die Streeptruie se losskakel, Abner van Reenen, het ook een van sy afskoppe direk oor die kantlyn laat trek.
Puntemakers:
Griekwas 50 (15): Drieë: Enver Brandt (2), Gideon van der Merwe (2), Eduan Keyter, Zak Burger, Anthony Volmink. Doelskoppe: George Whitehead (6). Strafdoel: Whitehead.
WP 21 (11): Drieë: Craig Barry, Brandon Valentyn. Doelskop: Abner van Reenen. Strafdoele: Van Reenen (3).– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie