u2018Greta-effeku2019 se impak op jagbedryf gevrees
u2018Greta-effeku2019 se impak op jagbedryf gevrees

‘Greta-effek’ se impak op jagbedryf gevrees

Die jong Sweedse kampvegter teen uitlaatgasse laat baie mense nou twee keer daaroor dink om te vlieg, wat toerisme kan strem.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ‘n Nuwe veldtog het die wêreld op hol en staan op Sweeds as “flygskam” bekend – die beskaming van mense wat met vliegtuie reis en klimaatsverandering aanhelp.

Dié veldtog het stukrag gekry deur die 16-jarige Sweed Greta Thunberg se pleidooie vir dringende optrede om die snel pas van klimaatsverandering te stuit. Sy het verlede jaar bekend geraak met haar skooltstaking voor die Sweedse parlement vir wetgewing teen die klimaatskrisis wat die wêreld bedreig.

Geta vaar tans met ‘n seiljag na Amerika om in New York aan ‘n klimaatsberaad van die Verenigde Nasies (VN) te gaan deelneem. Sodoende besoedel sy nie die atmosfeer met uitlaatgasse nie. Daar vlieg daagliks 2 500 vliegtuie oor dié deel van die Atlantiese Oseaan waar sy nou vaar.

Mnr. Harald Braun, Duitse toeroperateur en eienaar van African DreamTravel, sê vliegbeskaming kan ‘n invloed op toerisme na die bestemmings in Suider- en Oos-Afrika hê wat hy onder Europese toeriste bemark. Hy sê die “Greta-effek” op mense se ingesteldheid is groot en sy beïnvloed hoe mense oor lugvaart dink.

Volgens ‘n artikel deur Deutsche Welle beleef Sweedse lughawens ‘n afname in passasiersgetalle. Getalle op binnelandse vlugte was tussen Januarie tot April vanjaar 8% minder as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Op buitelandse vlugte was die daling 4%. ‘n Opname onder Swede toon 57% dink aan die omgewing wanneer hulle binnelands reis.

Volgens vox.com kring hierdie bewuswording van Swede af ook na Duitsland, Brittanje en ander Westerse lande uit.

Me. Tanja Dahl, hoof uitvoerende beampte van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha), sê die plaaslike jagbedryf neem nie hierdie kwessie ligtelik op nie en besef die moontlike bedreiging.

Sy sê die toename internasionale in stemme wat teen die jag van diere opgaan, het reeds ‘n nadelinge impak op die plaaslike jagbedryf.

“Ons is bewus van die potensiële negatiewe impak van die Greta-effek op jagtergetalle uit die buiteland,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A