Grawe diep om drie bergpasse oor te steek
Bergfietsry
Die gewilde jaarlikse 3Passes bergfietstoer is laas naweek vir die vyfde jaar aangebied met Marathon Sugar as die titelborg.
Ondersteunende borge was Onyati Country Meat, Spar Grove, Santam en Namibgrens.
’n Groep van 79 mense, van wie 47 fietsryers en hul gesinne en ondersteuningspanne, het Vrydagoggend by die wegspringstreep aangetree.
Die eerste dag se skof was ’n uitmergelende 165 kilometer (teen die Kupferbergpas uit) met die eindpunt by die Namibgrens gasteplaas. Winderige toestande en baie rowwe grondpaaie, tesame met die hitte, het die uitdaging baie werklik gemaak.
Hoewel elke deelnemer uitsluitlik teen hom/haarself eerder as enigiemand anders in kompetisie is, bly die 3Passes-toer ’n ware toets van karakter en elkeen het hul beste gelewer.
Op dag twe is die ryers begroet met selfs sterker winde, maar hierdie keer met paaie wat in beter toestand is. Dit was weer ’n lang dag teen Remhoogtepas af, verby Solitaire, op teen Spreetshoogtepas terug na Namibgrens op ’n sirkelroete van 150 km wat die laaste twee van die drie bergpasse ingesluit het.
Die baie steil en uitdagende Spreetshoogtepas is die toppunt van die fietstoer se werk en hoewel sommige gekies het om dit op dag drie te voltooi, soos die reëls toelaat, het ander dit sommer op een slag voltooi.
Die Marathon Sugar 3Passes bergfietstoer is geskep vir elke deelnemer om hul eie grense te toets sonder dat die stophorlosie ’n faktor is. Ryers kan die volle afstand op meer as een manier en sonder die druk van tyd of kompetisie aflê.
Dit bied ’n gulde geleentheid vir families om as spanne saam te werk (as lede van die ondersteuningspan) en hulself uit te daag. Soos die borg Marathon Sugar se leuse dit uitdruk, ’n ideale tyd om die soet oomblikke van die lewe te deel.
Die toer is opnuut in ’n puik atmosfeer afgehandel met nuwe vriendskappe wat gesmee is en oomblikke wat lank onthou sal word. Uitdagings is te bowe gekom en mederyers het helpende hande uitgesteek na enigiemand wat gesukkel het. Die ganse ervaring sal nie vergeet word nie.
Marathon Sugar het aangekondig dat hy volgende jaar weer die titelborg sal wees wanner die byeenkoms vir die sesde keer aangebied word. Die oprganiseerders sien uit om dit altyd selfs ’n groter en beter toer te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie