Gratis water vir nedersettings

'Genoeg vir almal'

30 March 2020 | Regering
Tanja Bause



'n Horde mense het Saterdag by die munisipaliteit van Windhoek (CoW) se satellietkantoor in Katutura saamgedrom om hul waterkaarte te herlaai.

Volgens me. Lydia Amutenya, munisipale woordvoerder, het die munisipaliteit besluit om 2 000 liter water gratis aan elke inwoner in besit van 'n waterkaart te gee.

“Mense het van die gratis water gehoor, en hoewel baie van hulle reeds water op hul kaarte gelaai het, het hulle weer in die ry kom staan vir die 2 000 liter gratis water.

“Daar is besluit om alle waterpunte in die informele nedersettings om Windhoek oop te maak en water gratis aan alle inwoners te verskaf,” sê sy.

“Alle inwoners het nou gratis water. Ons doen dus 'n beroep op almal om nie in 'n lang ry by 'n waterpunt te gaan staan nie. Daar is genoeg water vir almal. Kom later terug of gaan na 'n ander punt. Onthou om sosiale afstand te alle tye te handhaaf.”

Die munisipaliteit sal ook watertenks op strategiese punte in die informele nedersettings ontplooi om die afstande wat mense na waterpunte moet loop en die rye te verkort.

Die tenks sal binnekort ook in omliggende gemeenskappe soos Groot Aub uitgeplaas word.

Intussen het MTC N$100 000 aan die munisipaliteit geskenk sodat die krane in dié deel van Windhoek gedurende hoktyd kan oopbly.

[email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

7 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...