Gras vir die winter langs die hoofpad gesny
Oral langs die hoofpad vanaf Okahandja tot op Tsumeb word trekkers ingespan om die gras te sny en te baal.
Die drie Kazariua-broers is juis op die oomblik besig om die gras voor hul pa se plaas te sny.
Die eerste stap is om al die bosse uit te kap en vullis op te tel sodat die gras gesny kan word. Dan word die gras gehark en in bale gepers. Die bale op hierdie plaas word dan na die plaas Nevada, sowat 11 kilometer buite Otjiwarongo, vervoer.
Hierdie proses word elke jaar kort voor die winter herhaal.
“Ons tel ook al die rommel langs die pad op. Sodoende maak ons die veld skoon. Omdat ons die gras kort sny, kan motoriste die vlakvarke en ander wilde diere makliker sien en hulle kan ook sien waar om van die pad af te ry as hulle ’n probleem het. Ons maak die pad veiliger vir alle gebruikers,” sê mnr. Melkom Kazariua.
Die manne kan 200 bale gras kry uit die sowat 3 km wat voor hul plaas verbyloop. Dit word gebruik om in die komende winter hul bees te voer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie