Grapmaker som u2019n lewenswaarheid op
Grapmaker som u2019n lewenswaarheid op

Grapmaker som ’n lewenswaarheid op

Andrew Poolman
“Om te reis, gee ’n doodsteek vir vooroordeel, kleingeestige onverdraagsaamheid en verkramptheid. Vele van ons mense het dit om hierdie redes bitter nodig.

“Breë, opbouende, vrygewige sienswyses oor die mensdom en dinge wat saakmaak, kan nie verkry word deur jou hele leeftyd soos ’n plant in een klein hoekie van die wêreld deur te bring nie.”

Wyse woorde van Mark Twain, skrywer en grapmaker (1835-1910).

Duidelik was hy een van daardie figure wat sy tyd vooruit was. Sommiges reken ons hedendaagse mensdom het hom waarskynlik vandag nog nie ingehaal nie.

Reise open jou oë en stel jou in staat om ander kulture en ander perspektiewe te waardeer.

Dié waardering is natuurlik onderhewig aan ’n sin vir gesonde nuuskierigheid. Die gewilligheid om nuuskierig en geamuseerd oor ander se gebruike en lewenswyses te wees.

Om te leer en te ervaar, vreemdelinge te leer ken, oortuig ’n mens dat ons veel meer in gemeen het as wat ons verskil. Oraloor die planeet is mense wat die menslike ondervinding meemaak, grootliks gegrond op waar hulle gebore word. Nie noodwendig beter of slegter nie, maar bloot verskillend.

Ons hoef nie met almal saam te stem nie, maar ons kan dalk van mekaar hou, en mekaar respekteer.

Gesoute reisigers reken die beste geld wat jy ooit kan uitgee, is op reis. “Die gevoel om uit ’n slapie te ontwaak op ’n vliegtuig in ’n plek wat jy nie ken nie, is beslis een van die opwindendste ondervindings denkbaar.” Moeilik om mee te stry.

Selfs om net jou eie mooi land Namibië te verken, sal altyd ’n openbaring van soveel weggesteekte juweeltjies bied.

Vele mense het omstandighede wat hulle nie toelaat om te reis nie. Hierdie feit alleen vul ’n mens met dankbaarheid vir elke geleentheid wat hom in jou leeftyd voorgedoen het om ’n opwindende reis te onderneem.

Selfs die reise waar alles skeefloop, maak jou storie soveel interessanter en word altyd langer onthou as die vlugtige tydjie op die sneltrein waarin alles perfek verloop het.

So onlangs as tydens die afgelope twee naweke se uitkloprondes van die hoërskolerugby se ouderdomsligas het ek mense hoor vertel hoe sommige seuns van afgeleë dorpe vir die eerste keer in hul lewe in Windhoek was.

Elke reis is sekerlik nie goedkoop vir enige middelklas mens wat in vandag se ekonomie ’n huislening in Windhoek moet afbetaal nie. Dit is gewis nie meer die vroeë 1980’s, toe die ZAR ’n sterker geldeenheid as die USD was nie.

Indien jy nie genoeg geld het om te reis nie, kan jy klein begin met die mikro-ondervinding deur in oomblikke van vriendelikheid met “vreemdelinge” te gesels.

Die ander alternatief is om te lees. Enigeen kan sy horisonne verbreed deur goeie literatuur en deur insig in ander se lewens en kulture te verkry.

“Twain se woorde is so waar. Ek moedig my kinders aan om geleenthede vir reis en studies oorsee aan te gryp. Gevolglik het hulle reeds vriende van alle rasse oraloor die wêreld opgebou,” is een leser se kommentaar, toe Twain se aanhaling onlangs op sosiale media bespreek is.

Nog een merk op: “Maar onthou dat in Twain se dae daar nie beamptes op die lughawe was wat jou onwelvoeglik betas het nie. Ek sê maar net.”

Paspoorte en vliegkaartjies vir almal! Nou dadelik!

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A