Grafika: Die jongste oor Covid-19 in Namibiu00eb
Grafika: Die jongste oor Covid-19 in Namibiu00eb

Grafika: Die jongste oor Covid-19 in Namibië

Dani Booysen
‘n Tweede golf van Covid-19 rol voort in die land met vier verwante sterftes die afgelope twee dae.
Op Kersdag is een sterfte op Swakopmund gerapporteer en op Gesinsdag twee sterftes in Windhoek en nog een op Swakopmund.
Al vier pasiënte was mans met onderliggende siektes. Twee was 56 jaar oud en die ander twee onderskeidelik 66 en 77.
Nog 44 gesondheidswerkers het gister positief getoets: 21 in Windhoek, vyf in die Swakopmund-distrik en drie elk in die distrikte van Okahandja, Opuwo en Onandjokwe. Twee gevalle is op Gobabis en Khorixas aangeteken en een elk op Karasburg, Walvisbaai, Outapi, Engela en Oshakati.
Uit 1 467 toetsuitslae wat gister verwerk is, was 525 positief. Van hierdie persone was 255 kontakte van bevestigde gevalle. Net 167 het simptome vertoon.
Walvisbaai het nou meer as 3 500 gevalle in totaal. Van die nuwe gevalle op die hawedorp werk 29 in die visbedryf. Die Erongo-streek het die 5 000-kerf verbygesteek.
//Kharas het nou meer as 1 200 gevalle en Oshikoto meer as 600 terwyl Katima Mulilo die 100-merk verbygesteek het.
Die Outjo-distrik het in totaal 40 gevalle, Rundu meer as 240, Outapi meer as 80, Grootfontein meer as 70 en Oshikuku meer as 50.
‘n Totaal van 231 pasiënte was gister in die hospitaal, 35 van hulle in die ICU.

Kommentaar

Republikein 2026-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer