Gradeerders steeds bekommerd oor SA
Vida Booysen - Die graderingsagentskap Fitch is steeds bekommerd oor politieke risiko’s wat Suid-Afrika se vermoë belemmer om staatskuld te delg.
Die vernaamste uitdagings vir fiskale konsolidasie kom van die spanning tussen faksies in die regerende ANC, het Fitch in sy eerste verklaring ná Woensdag se begrotingsrede van Pravin Gordhan, minister van finansies, gesê.
“Dié spanning lei politieke energie weg van ekonomiese hervorming en kan ’n beleid tot gevolg hê wat die begrotingstekort vergroot of die stabiliteit van staatsinstellings ondermyn,” lui ’n verklaring wat Fitch gister uitgereik het.
Moody’s is ook nie so oortuig dat Suid-Afrika se staatskuld onder beheer is nie.
Zuzana Brixiova, ’n senior ontleder van Moody’s, het gister haar kommer uitgespreek oor die styging in lenings wat teen staatswaarborge onttrek word.
“Te midde van uitdagende omstandighede het die begroting vir 2017-’18 teikens vir die konsolidasie van staatskuld gestel wat ooreenkom met die ondernemings wat in 2016 se mediumtermynbegrotingsraamwerk gegee is. Dit sluit ’n geleidelike stabilisering in van die verhouding van staatskuld tot die bruto binnelandse produk (BBP). Hoewel daar voorspel word dat die regering se waarborge in verhouding tot die BBP ook sal stabiliseer, is die lenings (deur staatsinstellings) besig om te styg.”
Fitch en Standard & Poor’s (S&P) het Suid-Afrika albei op ’n gradering van BBB- met ’n negatiewe vooruitsig, wat een kerf bo rommelstatus is. Moody’s het Suid-Afrika twee kerwe bo rommelstatus, ook met ’n negatiewe vooruitsig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie