'Grace sal kry wat haar toekom'
Die voormalige presidentsvrou sal volgens ’n priester in die toekoms vasgevat word.
’n Rooms-Katolieke priester en bemiddelaar vir Robert Mugabe se vorige administrasie sê die gereg sal binnekort die voormalige Zimbabwiese presidentsvrou, Grace, in die gesig staar.
Vader Fidelis Mukonori het aan America Magazine, ’n Katolieke joernaal, gesê die gereg sal Grace Mugabe waarskynlik eers na haar man se dood vasvat.
“Ek is seker die mense sal haar sommer van alles aankla,” het die priester tydens die onderhoud gesê.
Die hoogs ongewilde Grace het haarself by ’n faksie jong en ambisieuse amptenare betrek, wat sou veg om ná Mugabe in beheer van die Zanu-PF te wees. Sy het dit selfs verlede maand vermag om die huidige president, Emmerson Mnangagwa – toe die adjunkpresident – in die pad te steek.
Dit het egter ’n beweging begin wat tot ’n militêre ingryp van die party en uiteindelik tot Robert Mugabe se bedanking gelei het.
Hoewel Grace Mugabe skynbaar immuniteit ontvang het ná onderhandelinge, wat gedeeltelik deur Mukonori bemiddel is, kan dieselfde nie van haar bondgenote gesê word nie. Meeste van hulle is reeds in hegtenis geneem en skuldig bevind aan misdade of het uit die land gevlug.
Grace Mugabe, haar man en ander familielede het na bewering verlede week Zimbabwe verlaat vir hul jaarlikse gesinsvakansie in Singapoer. Dit is nog nie bekend wanneer hulle terug sal keer nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie