Grace: Klag georkestreer
Die Zimbabwiese presidentsvrou sê kritici wil haar politieke loopbaan vernietig.
Grace Mugabe se uitlating dat sy vals beskuldig word vir die aanranding op Gabriella Engels, klink soos die verskoning wat baie misdadigers gebruik, sê Willie Spies, AfriForum se prokureur.
AfriForum en Engels bring 'n hofaansoek om die toestaan van diplomatieke immuniteit aan Mugabe ongeldig te verklaar.
Pindai Dube, eNCA se korrespondent in Zimbabwe, berig die land se presidentsvrou sê haar kritici het die voorval georkestreer om haar beeld te bevlek en haar politieke loopbaan te vernietig.
Engels is beseer toe Mugabe haar met 'n elektriese verlengkoord aangerand het toe sy Engels en haar vriendinne glo by die Mugabe-seuns, Bellarmine Chatunga en Robert jr., in 'n hotel in Sandton aangetref het.
Mugabe het onder hewige kritiek deurgeloop en kritici dring daarop aan dat sy vervolg word.
Zimbabwiese opposisiegroepe is woedend dat Suid-Afrika diplomatieke immuniteit aan Mugabe verleen het. Hulle sou Woensdag by Suid-Afrika se hoëkommissariaat in Harare betoog het, maar het dit afgelas.
'n Byeenkoms van Zanu-PF tot steun van Mugabe het wel plaasgevind.
Debbie Engels, Gabriella se ma, sê Mugabe gryp na strooihalms. “Wie orkestreer die voorval? Ons wil net geregtigheid hê.” Sy sê Gabriella het geen rede gehad om haar vals te beskuldig nie. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie