Grace het haarself nooit oorgegee
Groot verwarring het Dinsdag in Suid-Afrika geheers toe dit aan die liggekom het dat me. Grace Mugabe haarself toe nooit aan die polisie oorgegee het nie, maar stil-stil die land ontvlug het.
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdagoggend gesê Zimbabwe se presidentsvrou, me. Grace Mugabe, het haarself aan die polisie oorhandig en sou die middag om 13:00 in die landdroshof in Wynberg verskyn. Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het dit later weerlê.
“Sover Mbalula geweet het, het Mugabe haarself om 10:00 oorhandig,” sê Naidoo. “Ons (die polisie) was ook baie verbaas dat sy haarself nie oorhandig het nie, omdat haar regspan met die polisie onderhandel het dat sy haarself sou oorhandig.”
'n Hofbeampte van die landdroshof in Alexandra het gesê die saak val buite dié hof se jurisdiksie en het joernaliste na die landdroshof in Randburg verwys. Lede van die media het tot 16:00 by die hof gewag, maar Mugabe het nooit verskyn nie.
Naidoo sê Mugabe kan nie gedwing word om haarself te oorhandig nie, omdat die polisieondersoek nog nie afgehandel is nie.
“As sy na vore sou kom, sou dit ons bloot help om die ondersoek vroeër af te sluit.” Die polisieondersoek is ongeag Mugabe se situasie “byna voltooi”.
Mugabe het volgens die nuusagentskap Reuters Dinsdag na Zimbabwe teruggekeer.
Só het die drama ontvou:
Grace Mugabe het Sondag na bewering vir Gabriella Engels in 'n hotel in Sandton aangerand.
Garnet Basson van The Capital Hotel Group sê “sekere gaste” is uit 'n hotel verwyder nadat ander gaste oor hulle gekla het. Hy wou nie sê of hierdie gaste Mugabe of Engels ingesluit het nie.
Engels sê sy en twee vriende het in die kamer langs die Mugabe-broers, Rob Junior en Bellarmine Chatunga, gekuier. Die broers bly in die hotel terwyl hulle aan die Universiteit van Johannesburg studeer.
“Ek het nie by die broers in hul kamer gekuier nie. Ek en my twee vriende het in die hotelkamer langs hulle gekuier. Die broers is ook bevriend met een van die vriende wat by my gekuier het.”
Sy sê Grace Mugabe het by die kamer ingebars en haar met 'n verlengkoord begin slaan.
“Die punte van die koord het die vel op my voorkop oopgeslaan.”
Sy weet nie waarom Mugabe haar bygedam het nie.
“Die lyfwagte het toegekyk en nie gehelp nie en die Mugabe-broers was nie in die kamer tydens die voorval nie.”
Engels het in 'n radio-onderhoud gesê sy het die een Mugabe-seun, Bellarmine, Saterdag ontmoet.
“Ek is nie in 'n verhouding met hom nie en ek is ook nie 'n prostituut nie,” het sy aan Cape Talk gesê.
“Ek het nie eens geweet wie Grace Mugabe was nie. Nadat ek uit die hotelkamer is, het een van die sekuriteitswagte vir my gesê wie sy is.”
Engels het ook gesê die polisie was haar baie behulpsaam.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie