Grace baklei oor ring
Die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, sukkel steeds om meer as US$1 miljoen terug te kry wat sy glo in ’n mislukte diamantring-transaksie met ’n Libanese sakeman verloor het.
Die staatsbeheerde Herald berig dat die eggenote van pres. Robert Mugabe van Zimbabwe, me. Grace Mugabe, in dokumente wat haar prokureur Dinsdag by die hooggeregshof in Harare ingedien het, beweer dat sy Jamal Joseph Ahmed in 2015 US$1,35 miljoen vir ’n diamantring betaal het.
Volgens haar het sy egter ’n “minderwaardige ring” ontvang, wat slegs US$30 000 werd is.
Sy beweer Ahmed het daarna net US$120 000 terugbetaal.
Mugabe vra dat die hof beslag lê op sy Zimbabwiese eiendomme en sakebelange as hy nie sy skuld delg nie.
Die koerant berig dat sy in die hofdokumente sê dat sy hom herhaaldelik – en sonder sukses – versoek het om die geld terug te betaal.
Hoewel private mediamaatskappy voorheen oor die transaksie berig het, is dit die eerste keer dat die staatsbeheerde media hieroor verslag doen.
Die kollig op die ringtransaksie kan nadelig wees vir die presidentsgesin wat – weens hul beweerde buitensporige besteding terwyl die land ekonomies steier – reeds onder kritiek deurloop.
Zimbabwiërs sukkel om daagliks so min as US$20 uit hul bankrekeninge te onttrek, en die minister van landbou het vandeesweek ’n verbod geplaas op die invoer van vrugte en groente om skaars buitelandse valuta te bespaar.
Ondanks die nood in die land het Mugabe glo onlangs luukse eiendomme in Johannesburg en Harare aangeskaf, terwyl haar seun uit haar eerste huwelik glo twee Rolls-Royce-limousines vir homself ingevoer het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie