Graad 12's kry volgende week uitslae
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het goeie vordering gemaak met die nasien van die eksamenvraestelle van die graad 12 gewone vlak voltydse en deeltydse kandidate. Die uitslae sal op 12 Januarie bekend gemaak word, lui ’n verklaring deur die ministerie.
Verlede jaar het 51 120 kandidate van wie 21 104 voltydse studente en 30 016 deeltydse studente was, vir die graad 12 Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat-eksamen (NSSCO) geregistreer. Hulle het die eksamen by 175 senior sekondêre skole en 122 deeltydse onderrigsentrums landwyd afgelê.
Altesaam 812 nasieners in vergelyking met die 805 in 2015 was betrokke.
Die uitslae sal op die webwerf van die direktoraat van nasionale eksamens en evaluering by www.dnea.gov.na en ook op die webwerf van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur by www.moe.gov.na beskikbaar wees.
Uitslae sal ook per sms beskikbaar wees. Mense wat van die diens gebruik wil maak, moet ’n boodskap na 2929, 55755 of 99099 stuur met die naam van die eksamen gevolg deur die van en naam van die kandidaat. Byvoorbeeld NSSCO Kapeeru Theo. Hulle kan ook die naam van die eksamen en die volle eksamennommer sms bv. NSSCO M050015. Die naam, van en die resultaat sal dan na die nommer gestuur word.
Beide die webblad en die sms-diens sal om 00:15 op 12 Januarie in werking tree.
Tydens kantoorure kan kandidate en familielede die kantore bel en navrae oor die uitslae doen.
Telefoonnommers waar navrae oor uitslae in die verskeie streke gedoen kan word, is:
//Kharas: 063 227 001
Hardap: 063 245 700
Khomas: 061 293 4435 of 293 4437
Otjozondjupa: 067 308 000
Omaheke: 062 562 465
Erongo: 064 410 5000/410 5156/410 5155/410 5157
Zambezi: 066 253 002
Kavango-Oos en -Wes: 066 258 9111/255 905
Ohangwena: 065 290 347/6/5
Oshikoto: 065 242 582/242 550/242 544
Omusati: 065 251 588
Oshana: 065 230 057
Kunene: 067 331 152

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie