Goue Junias bly uitblink
Goue Junias bly uitblink
Amateurboks
08 April 2021 | Sport
Tielman van Lill – Die 27-jarige Namibiese amateurbokser en Olimpiese medaljehoop in Tokio 2021, Jonas Junias Jonas, het 'n goue medalje by die 15de Nikolay Manger-gedenktoernooi in Kherson, Oekraïne, ingepalm.
Jonas het Sondag sy eerste uitdungeveg in die 63 kilogram-klas (ligweltergewig) gewen. Die Namibiër het sy geveg van drie rondes teen Hrayr Shahverdyan van Armenië gemaklik met vyf punte teen nul beklink.
Dinsdagaand het Jonas teen Oleksandr Zheleznyak van die Oekraïne vir die finaal deur die toue geklim. Zheleznyak was in 2016 as superveergewig Oekraïne se jeugkampioen. Dié week het hy sy uitdungeveg teen sy landgenoot Dmytro Chernyak maklik met 5-0 beklink.
Vir Namibië se Statebondspele-kampioen van 2018 Gouekus in Australië was Zheleznyak in die eindgeveg nie veel teenstand nie en Jonas beklink in drie rondes die goud met 4-1.
By die elite toernooi in Oekraïne is slegs die topboksers van AIBA genooi.
Sedert Jonas se eerste groot internasionale deurbraak as 20-jarige, toe hy die silwermedalje by die 2014 Statebondspele in Glasgow ingepalm het, is hy 'n konstante presteerder op die topvlakke van amateurboks. Die volgende jaar het nog 'n silwer by die Afrika-spele in Brazzaville gevolg.
Sy goud by die 2018 Statebondspele in Australië bly sy hoogtepunt sover.
– [email protected]

Soortgelyk
RMB Song Night vier ’n dekade
2 ure gelede | Kuns en vermaak
Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax
2 ure gelede | Gesondheid
FlyWestair brei binnelandse vlugte uit
2 ure gelede | Vervoer
Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe
4 ure gelede | Gesondheid
Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut
5 ure gelede | Mense
Floyd-moordverhoor: Skuldig!
5 ure gelede | Internasionaal
Sprinkane nou in 11 streke
15 ure gelede | Landbou
Pensioenaris in haar huis vermoor
15 ure gelede | Misdaad
Miljoene vir vervalste maskers
15 ure gelede | Howe
Kleinadvertensies