Goudprys breek deur $1 600-vlak
Goudprys breek deur $1 600-vlak

Goudprys breek deur $1 600-vlak

Die goudprys het Dinsdagaand weer die hoogte ingeskiet weens kommer oor die invloed van Covid-19, die nuwe coronavirusstam, op die wêreldekonomie.

Die goudprys het met 1,4% gestyg en het wéér deur die vlak van $1 600 dollar per fynons gebreek, net soos vroeër vanjaar. Dit het vroeg Woensdagoggend teen $1 601,55 per fynons verhandel.

Bloomberg berig dat die groot rede vir Dinsdag se styging Apple se aankondiging was dat hy verwag sy inkomste gaan vanjaar daal weens die invloed wat Covid-19 op verkope en produksie het.

Meer as 2 000 mense is reeds in China dood aan die dodelike coronavirus sedert dit in Desember uitgebreek het.

Beleggers wat nou na veilige hawens vlug, was tot voordeel van bates soos goud. Die goudprys het vanjaar reeds met 5,6% gestyg. Dit het Dinsdag in ’n stadium teen $1 611,42 per fynons verhandel. Dit is die hoogste sedert 2013.

Palladium is nog ’n hulpbron wat voordeel trek uit die huidige situasie. Dit het Dinsdag met 3% tot ’n rekordhoogte van $2 709,10 per ons gestyg. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer