Goud-ogie help ander oorleef
Plaaslike navorsing oor 'n insek moet wetenskaplike kennis uitbrei oor hoe gesond Namibië se ekostelsel is.
Elvira Hattingh - Skaars 'n jaar nadat Namibiese wetenskaplikes 'n studie oor goud-ogies begin het, kon hulle reeds enkele splinternuwe spesies ontdek.
“Ons weet dat ons nog nie al die insekte ontdek het wat in Namibië voorkom nie. As dit by goud-ogies kom, verwag ons om 'n paar nuwe spesies deur hierdie studie te ontdek,” het dr. Rolf Becker gesê.
Becker lei die studie en is ook dekaan vir die fakulteit natuurlike hulpbronne en ruimtelike wetenskappe by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust).
Hy sê die studie het twee doelwitte, naamlik om die diversiteit en verspreidingspatrone van goud-ogies vas te stel sodat hul bydrae tot Namibië se ekologie beter verstaan kan word, en tweedens om die gebrek aan insekwetenskaplikes in die land die hoof te bied. Die studie word deur Nedbank Namibia se Go Green-fonds gefinansier.
“Tans is daar 'n ernstige tekort aan entomoloë in die land.
Deur die studie, getiteld 'Die versameling en monitor van goud-ogies (Insecta: Neuroptera) in Namibië', hoop ons om bewustheid van insekte oor die algemeen te verbeter en meer studente aan te moedig om in hierdie rigting te spesialiseer.”
770 EKSEMPLARE
Goud-ogies val onder die Order Neuroptera-klassifikasie vir insekte, en tans weet wetenskaplikes dat 11 families in Namibië voorkom – 'n syfer wat kan verander soos dié studie vorder.
Volgens Becker het hulle reeds meer as 770 goud-ogies versamel – baie daarvan op plekke waar dit nog nooit vantevore gedoen is nie. Baie van die eksemplare wat reeds versamel is, is ook reeds afgeneem en verwerk vir bewaring in Windhoek se Nasionale Museum.
“Tans weet ons sowat 140 spesies van die goud-ogie kom in Namibië voor, waarvan 24 waarskynlik endemies is,” het hy gesê. Endemies beteken die insekte se oorsprong is in Namibië en hulle kom nêrens elders in die wêreld voor nie.
Volgens Becker is sommige spesies van die goud-ogie baie sensitief vir veranderinge in hul omgewing en habitat, asook vir die gebruik van pesdoders, wat beteken hulle kan as barometers van die gesondheid van 'n omgewing dien.
“Hul larwe is prooi op ander insekte en gevolglik is hulle gesogte biologiese beheeragente vir peste en plae.”
VERSKIL VAN NAALDEKOKERS
Becker sê goud-ogies is pragtige insekte wat baie soos naaldekokers lyk, maar verskil in die sin dat hulle “fyner” is en meestal snags vlieg.
Die PhD-student Gail Morland, wat ook by dié studie betrek is, sê insekte is die onbesonge helde van elke ekostelsel op die planeet.
“Hulle is die klein goedjies wat dit vir groot diere moontlik maak om te oorleef. Hulle is ekostelsel-ingenieurs wat die vuil werk doen wat niemand anders wil doen nie - hulle maak skoon, bestuif, bevrug en hul gedrag is betowerend,” sê sy.
“Ons weet min van insekte in Namibië en daar is soveel om nog te leer en te ontdek. Enige wetenskaplike studie dra by tot ons begrip van die ekostelsel se struktuur en funksie en help met bewaringsbestuur en -beplanning.”
Sy sê as dit by bewaring kom, behoort mense nie net op die groot diere te fokus nie, want sonder insekte sal geen ekostelsel kan bestaan nie.
Nedbank finansier tans verskeie unieke studies wat bydra tot 'n beter begrip van Namibië se minder bekende diere en omgewings om 'n bydrae tot plaaslike bewaring te lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie