Goud: Beleggers begin hoop op dividende
Goud: Beleggers begin hoop op dividende

Goud: Beleggers begin hoop op dividende

Vooruitsigte verbeter
Ronelle Rademeyer
David Mckay - Die vlam van hoop brand hoog dat AngloGold Ashanti op 15 Augustus die goudbedryf se verslagdoeningseisoen vir die Junie-kwartaal op ’n hoë noot sal afskop met bedryfsyfers wat toon alles is slaggereed vir dividende – ’n transformasie wat Harmony Gold hom later in die week kan nadoen.


AngloGold het net meer as drie jaar laas ’n dividend uitgekeer. Met die staking van sy dividend het hy ook poste en produksie begin besnoei in ’n desperate poging om sy balansstaat te red.


Harmony Gold op sy beurt het sedert Februarie 2013 nie ’n dividend uitgekeer nie.


Danksy ’n sterk goudprys lyk die vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse goudaandele nou goed.


Die drie ander groot maatskappye – Gold Fields, Sibanye Gold en DRDGold – is gevestigde dividendbetalers. Belangrike vrae sal egter gevra word oor wat hulle beplan om met hul bykomende kontantvloei te doen.


Wat keuses betref, lyk dit asof beleggers se voorkeur by AngloGold lê, aangesien hy nie oormatig blootgestel is aan Suid-Afrika met sy weerspannige arbeidskwessies, elektrisiteitspryse wat met meer as inflasie styg en regulatoriese onsekerheid nie.


“Alle Suid-Afrikaanse produsente genereer hope vrye kontantvloei teen $1 300 per fynons, met opbrengste van tussen 10% en 18%, maar onder die groter produsente gee ons voorkeur aan AngloGold Ashanti vanweë sy ­geografiese diversifikasie en volgehoue afbetaling van langtermyn-skuld,” sê Leroy Mnguni, ’n ontleder by RMB Morgan Stanley.


Mnguni meen AngloGold sal eers aanstaande jaar weer dividende begin uitkeer.


Volgens Bank of America Merrill Lynch is AngloGold sy “topkeuse in Suid-Afrikaanse goud danksy die hoë gehalte van sy werksaamhede, geografiese diversiteit (slegs sowat 30% van sy produksie is in Suid-Afrika) en robuuste marges”.


Belangrike kwessies waaroor SA goudmaatskappye in die komende maande antwoorde moet gee:


AngloGold Ashanti
Die hervatting van die dividend sal onvermydelik in die kollig wees, maar kommer bestaan oor onrus by sy Obuasi-myn in Ghana, waar klein mynbouers die perseel binnegestroom het en die Ghanese regering net ­hulpeloos toekyk.


Oor dividendbestuur sê Srinivasan Venkatakrishnan, uitvoerende hoof: “Die dividend is ’n deurslaggewende rede om in ons te belê. Elke kwartaal se positiewe kontantvloei bring ons nader daaraan.”


Harmony Gold
Die belangrikste kwessie vir Harmony is sy balansstaat, veral hoe gou hy hom op sy skuld kan toespits en ’n som geld kan opbou vir sy Golpu-koper-en-goudprojek in Papoea-Nieu-Guinee, wat duur lyk.


Beleggers sal hoop op meer graadverbeterings, veral by Kusasalethu – een van sy groter myne – en dat die dividend heringestel kan word ondanks die behoefte om kontantreserwes op te bou.


Peter Steenkamp, uitvoerende hoof, sê die volgende oor die waarskynlikheid dat Harmony teen die huidige verwagte goudpryse tot 2018 hoogs kontantgenererend sal wees: “Ons is vanselfsprekend nie teen dividende gekant nie. Ons het nou hierdie venstertydperk van twee jaar wat ons nie oorspronklik sou gehad het nie, wat dit gunstiger maak vir dividende.”


Gold Fields
Nick Holland, uitvoerende hoof, sê aandeelhouers moet vasbyt tot Februarie vir nuus oor nuwe produksiemikpunte vir South Deep, sy enigste myn in Suid-Afrika. Aandag sal op dié bate toegespits bly, veral sy vermoë om uitset te verhoog, terwyl die groep by sy Australiese en Afrika-bates reserwevervanging vind.


“Ons is vir die eerste keer waarvan ek kan onthou ons beplanning vooruit by South Deep,” sê Holland.


Sibanye Gold
Dit is nie meer moontlik om aan Sibanye as net ’n goudaandeel te dink noudat Aquarius Platinum by sy stal gevoeg is en hy waarskynlik die produksie van Rustenburg Platinum Mines – wat hy by Anglo American Platinum koop – by sy uitset sal voeg nie.


Neal Froneman, uitvoerende hoof, sê egter die maatskappy se strategie is beslis om ’n aandeel met ’n hoë dividend-opbrengs te wees eerder as een wat op ’n spesifieke metaal of mineraal fokus.


Hy sal nogtans vrae kry oor hoe die maatskappy sy bedryfsyfers by sy Suid-Afrikaanse myne gaan volhou – iets wat volgens Froneman se kritici die eintlike rede is dat die maatskappy ’n energieke plan aangepak het om hulpbronne te diversifiseer.


Froneman staan egter daarop dat dissipline die kern van die maatskappy se benadering bly. Gevra of die maatskappy sal oorweeg om aandele uit te reik om sy groeibegeerte te finansier, sê Froneman: “Ons kan nie ’n toonaangewende dividendmaatskappy in die bedryf wees en dan goedsmoeds aandele uitreik nie.”
(Hierdie artikel is in die 18 Augustus-uitgawe van Finweek wat van Vrydag af op die rakke is.)
-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%