Gordhan vra: Sit turbokrag agter ekonomiese groei
''n Beroep is op Suid-Afrikaanse sakelui gedoen vir samewerking ten einde ekonomiese groei te stimuleer.
Suid-Afrika moet saamwerk om maniere te vind om ekonomiese groei aan te wakker.
Ons gesamentlike fokus moet op groei wees, het Pravin Gordhan, minister van finansies, op Discovery se leiersberaad in Sandton gesê.
“Die sleutel is om agter een doelwit te verenig en ons benodig ''n kultuur van deel, van bydraes lewer en daaruit voordeel trek.”
Suid-Afrika kan baie trots wees daarop dat hy nie geld van die Internasionale Monetêre Fonds leen nie, sê Gordhan.
“Ons kry dit reg omdat ons ''n kultuur geskep het van belastings wat betaal word, deur die pligsgetrouheid van ons landsburgers en die skep van ''n doeltreffende belastingstelsel en administrasie in die tesourie.”
Hy het Suid-Afrikaners gevra om “turbokrag” agter ekonomiese groei te sit en alle hulpbronne in te span om groter ekonomiese momentum te verkry.
“Ons het nasionale konsensus nodig dat ons ongelykheid nie aanvaarbaar is nie en ons werkloosheidskoers te hoog is.”
Hy het ook vir ''n revolusie in die land se sakekultuur gevra.
“Ons moet die vlak van sake-etiek lig, sodat daar besliste gebiede is waarheen ons nie sal gaan nie.” Dit is belangrik om te begin kyk hoe mense buite die regering en in die korporatiewe sektor sake doen met diegene in die regering, waarsku Gordhan.
“Wie trek voordeel uit hierdie transaksies en kan ons die etiekvlak verhoog,” het hy gevra.
Daar is “formidabele werk” deur die regering, sakesektor en arbeid ná Desember 2015 gedoen om ''n kredietafgradering te vermy en maatreëls in te stel om groei te bevorder.
“Ons sal weer ons bes probeer,” het Gordhan gesê oor vergaderings met die kredietgraderingsagentskappe in die komende weke.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie