Gordhan: Lugdienste praat reeds oor saamsmelt
Pravin Gordhan, Suid-Afrika se minister van openbare ondernemings, sê gesprekke om die staat se drie lugdienste saam te smelt sal dié week voortgaan.
Hy het Sondagaand in ’n onderhoud met eNCA gesê dié moontlikheid gaan die week met verskeie ander ministers bespreek word.
Daar is verlede week wyd bespiegel oor wat gaan gebeur as Mango, SA Express en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sou saamsmelt.
Gordhan sê die gesprekke gaan binne die volgende paar dae begin.
“Dit is ’n gesprek wat ek dié week met departemente soos die tesourie gaan begin.
“Ons moet na evaluasies kyk wat konsultante bykans 18 maande gelede gedoen het.
“Ons moet vra waar kan ons rasionaliseer en waar die entiteite mekaar se hulpbronne kan gebruik” sê Gordhan.
Gordhan het aan eNCA gesê die lugdienste werk reeds saam om te verseker dienste en bedrywighede gaan voort ongeag die baie uitdagings wat hulle moet takel.
“Dit het reeds gebeur lank voordat ons met gesprekke begin het.
“SA Express mag nie vlieg nie en die bestuur van die SAL het regtig ingespring om te help om passasiers te help. Hulle het vlugte gebied op roetes wat hulle nie normaalweg vlieg nie.
“Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe hulle saamwerk,” sê hy.
Gordhan het nie geskroom nie om te erken daar moet na die getal werknemers wat by die lugdiens werk, gekyk word.
Gordhan sê die arbeidsmag is definitief een van die gebiede waar die lugdienste koste kan bespaar.
“Maar ons gaan eers saam met ons vennote moet sit en kyk wat ons moet doen,” sê hy. – Netwerk24/Fin24, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie