Gordelroos-inenting nou beskikbaar
Gordelroos-inenting nou beskikbaar

Gordelroos-inenting nou beskikbaar

Gerine Hoff
Enigiemand wat al waterpokkies gehad het, loop die risiko om pynlike gordelroos te kry.
’n Inenting om dit te voorkom, is nou beskikbaar.
Kenners raam sowat nege uit tien volwassenes loop die risiko om gordelroos, ’n pynlike veluitslag, te ontwikkel.
Dieselfde virus wat waterpokkies veroorsaak, varicella zoster, veroorsaak ook gordelroos, sê dr. Allison Glass, ’n kliniese viroloog van Lancet Laboratories.
Wanneer ’n mens (meestal as kind) waterpokkies kry, verlaat die virus nooit die liggaam nie, maar bly in die wortels van ’n senuwee wat na die vel lei.
Sodra die immuunstelsel om die een of ander rede verswak, kan die virus weer aktief word.
Dit veroorsaak egter nie die tweede keer waterpokkies nie, maar gordelroos, ’n uitslag wat soos waterpokkies lyk, maar net in die area van dié senuwee voorkom.
Nadat ’n mens die eerste keer waterpokkies gehad het, bou jou liggaam immuniteit op teen die virus, sê Glass.
“Solank daardie immuniteit goed en sterk is, sal dit die virus beheer. Maar namate ons ouer word, verswak ons immuunstelsel.
Enigiets anders wat die immuunstelsel onderdruk, soos MIV, chemoterapie, diabetes, medikasie of spanning, verhoog ook die risiko. Wanvoeding kan ’n mens ook vatbaar vir gordelroos maak.
Waar waterpokkies meestal met erge jeukerigheid gepaardgaan, word gordelroos deur pyn gekenmerk. Die pyn is weens die skade wat die virus binne-in die senuwee aanrig.
Hoe gouer gordelroos behandel word, hoe minder beskadig dit die senuwee en hoe kleiner is die pasiënt se risiko om erge, chroniese pyn te ontwikkel.
Hoe jonger die pasiënt, hoe kleiner is sy kans om dié langtermynpyn te ontwikkel.
Sonder behandeling sal die uitslag sowat twee weke neem om te bedaar en tot ’n maand om heeltemal te verdwyn. Dit kan littekens agterlaat.
Met behandeling sal die virus egter matiger wees en gouer opklaar.
Gordelroos word met antivirale middels en pynmedikasie behandel. Tradisionele pynmedikasie soos parasetamol of anti-inflammatoriese middels is egter dikwels nie doeltreffend nie.
’n Inenting om gordelroos te voorkom is sedert verlede jaar in Suid-Afrika beskikbaar.
“Enigiemand ouer as 50 jaar, tensy hulle ’n ernstige siekte het wat hul immuunstelsel onderdruk, kan en behoort ingeënt te word,” sê Glass. “Dit verminder jou kans om gordelroos te kry deur jou immuunstelsel teen die virus te versterk.”
Mense wat voor 70-jarige ouderdom ingeënt word se risiko om gordelroos te kry verminder met sowat 64%. Ná 70 jaar is die risiko 38% minder.
Studies het gewys diegene wat ondanks die inenting steeds gordelroos kry se simptome was matiger.
Hul kans om erge pyn te ontwikkel nadat die gordelroos opgeklaar het, was ook sowat 66% minder, sê sy.
Dit is wel ’n lewendige entstof, ’n virus wat gewysig is. Daarom moet dit nie vir enigiemand gegee word wie se immuunstelsel onderdruk is nie.
Mense met toestande soos MIV of kanker wat chemoterapie ontvang, moet die inenting met hul dokter bespreek.
Die inenting bestaan tans uit een inspuiting.
Navorsers ondersoek nog of ’n versterker ná ’n paar jaar nodig is.
Dit is wel relatief duur en is daarom nog net in die private sektor beskikbaar, sê Blumberg. - Netwerk24/ Rochélle Human

Kommentaar

Republikein 2024-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.52 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.38 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.19/OZ DOWN -0.0038 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.0148 | Zinc US$ 2 813.90/T UP 0.44% | Brent Crude Oil US$ 82.67/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 948.07/OZ DOWN -0.0083 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 29° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 9° | 30° Oshakati: 10° | 27° Ruacana: 11° | 28° Tsumeb: 12° | 26° Otjiwarongo: 7° | 25° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 7° | 22° Gobabis: 7° | 25° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:13, High tide: 12:38, Low Tide: 18:13, High tide: 00:42 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 22km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:36, Low Tide: 18:11, High tide: 00:40 Walvis Bay: 13° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:11, High tide: 12:35, Low Tide: 18:11, High tide: 00:39 Rehoboth: 7° | 24° Mariental: 9° | 25° Keetmanshoop: 8° | 21° Aranos: 6° | 25° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 7° | 20° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 20° | 23° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 9° | 28° Mbabane: 10° | 26° Maseru: 6° | 17° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 12° | 26° Maputo: 15° | 29° Windhoek: 7° | 22° Cape Town: 13° | 17° Durban: 15° | 28° Johannesburg: 11° | 20° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 12° | 27° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.52 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.38 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.19/OZ DOWN -0.0038 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.0148 | Zinc US$ 2 813.90/T UP 0.44% | Brent Crude Oil US$ 82.67/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 948.07/OZ DOWN -0.0083